Boer soek ’n vrou se topvyf is bekend

Highlights 31 July 2026

Hier is die topvyf boere wat in Boer Soek 'n Vrou S18 verskyn.

Boer soek ’n vrou se topvyf is bekend

Die vyf boere wat hul soektog na liefde in die 18de seisoen van Boer soek ’n vrou gaan voortsit, is Jack, JD, Francois, Arno en Willie.

Hulle dring deur na die volgende fase van dié kykNET-maatsoekreeks en moet nou elk tien potensiële pasmaats uit die briewe wat hulle ontvang het, kies om tydens die blitsafsprake te ontmoet.

Jack, die appel- en peerboer van Hermanus, het die meeste briewe van al tien boere ontvang.

Die uitslag is in die derde episode van die seisoen bekend gemaak nadat die aanbieder, Reandi Grey, die tien boere besoek het om hul briewe en pakkies af te lewer.

“Dis geskryf om daai een hart te bereik; daai een siel aan te raak. Woorde met hoop, afwagting en soeke na daai eerste ontmoeting met die persoon wat dalk jou hart mag wen,” het Reandi oor die briewe gesê.

Die blitsafsprake is die volgende fase van die reeks en bied die boere hul eerste geleentheid om die mense agter die briewe persoonlik te ontmoet. Ná die blitsafsprake sal hulle verdere keuses oor hul liefdesreise moet maak.

Die topvyf boere

Die vyf boere wat nie na die volgende fase deurdring nie, is Leandi, Junior, Jacques, Luan en David.

Leandi (36), ’n beesboer van Ventersdorp, het gesê sy is steeds dankbaar vir die briewe wat sy ontvang het.

“Jy’t nie baie briewe nodig nie – net die régte brief,” was haar reaksie nadat sy verneem het dat sy nie onder die topvyf is nie.

Junior (35), wat ’n gemengde boerdery naby Bethlehem bedryf, Jacques (32), ’n makadamianeutboer van Nelspruit, en Luan (26), ’n skaapboer van Strydenburg, het ook talle briewe en geskenkpakkies ontvang.

David (43), ’n boer van Vierfontein, was verlig dat hy nie onder die topvyf geëindig het nie. Hy het aan Reandi verklap dat hy intussen iemand ontmoet het.

Kyk Boer Soek 'n Vrou op kykNET op Donderdae om 20:00.

 

Teken in op DStv  

Back to News

Download and watch later

Get the DStv app (Apple or Android) and download episodes to watch on your phone or tablet – just remember to connect to the Wi-Fi first so there are no surprise data costs.

Devices