Logo
Suidooster S9 Oct 2023 Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

145Drama13

‘n Vurige Februarie lê voor in jou gunsteling kykNET-sepies en telenovelas

Nuus
01 Februarie 2024
Bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 vir die jongste verwikkelinge in Suidooster, Diepe waters en Binnelanders.
Diepe waters 1

Watter paartjies gaan vlamvat dié Februarie en watter gaan dalk vir mekaar moet groet… 

Suidooster: 

Danni en Siya probeer maak of alles normaal is, maar hulle sukkel met die realiteit dat hulle nie kan kinders hê nie. Is die Thuli-egpaar se huwelik in troebel waters? 

Laylla en Nazeem se verhouding blom, en hulle het groot planne vir hul toekoms saam. Dit lyk dus of ware liefde vir Nazeem bestem is en hy wend regtig ‘n poging aan om ‘n beter mens te wees. Tog gun iemand hom nie sy geluk nie... Die gort is behoorlik gaar soos ’n jaloerse Zoë hul verhouding probeer saboteur. 

Lee-Ann, Bianca en Elana maak gereed om ‘n groot funksie te hou om fondse in te samel vir die skool se nuwe swembad, maar daar is konflik wat broei tussen die vroue.  Lee-Ann glo die tyd is ryp vir Bridgette om weer haar hand aan liefde te waag, en reël vir haar ‘n afspraak met Sammy, ‘n afgetrede landdros. Maar kort voor lank ontmoet Sammy toevallig vir Mymoena in die parkie en dit blyk dat dié twee eintlik ‘n konneksie het. Maar Mymoena se kinders is nie te beïndruk met dié verwikkeling nie... 

Wade bied ‘n yoga klas aan wat skeefloop en hy en Angie besluit om iets anders te kry om saam te doen.

 Tim wil graag aan ‘n ontwerp-kompetisie deelneem vir argitekte, maar Bridgette laat hom nie toe nie. ’n Skok-gebeurtenis dompel ook Ruiterbosch in rou. 

Diepe waters: 

Liefde is aan die orde van die dag vir Sanet in die maand van liefde met ‘n liefdesverklaring, en met die flankeerdery wat Lucy begin. Die res van Februarie lyk egter alles behalwe rooskleurig…

Thandi en Valencia sê mekaar die stryd goed aan vir die bestuurspos, maar dan kry Thandi hulp van iemand om haar te help in haar stryd. Rossouw bevind hom in ‘n gevaarlike situasie – gaan hy dit oorleef en hoe gaan sy familie hom ondersteun?

‘n Bakleiery ruk handuit en Nina ontvang ontstellende nuus. Dan is daar ook nog die skokkende wending wat tussen Rose, Wim en Lucy plaasvind...

Binnelanders: 

Conrad vind uit wat die regte datum van Tracy se bevalling is, en die identiteit van Naomi se skenker word geïdentifiseer. Bonnie hoor iets wat sy nie moet nie, en Louis is bekommerd oor die toekoms. Tracy maak gereed vir oorlog, en Lukas se hulp word ingeroep.

Henry en Annetjie wil ’n plan beraam om Binneland se beeld te poets, Steve gee vir Naomi ’n idee, en Joline is agterdogtig oor Conrad se motiewe. Nicolette het slegte nuus, en Bonnie glo daar is groot romanse aan die broei in Binneland.

Bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 vir die jongste verwikkelinge in Suidooster, Diepe waters en Binnelanders. Gesels gerus ook saam op Facebook, X, Instagram en TikTok