Logo

fliekNET is terug in vakansietyd as ‘n opwipkanaal

Nuus
23 November 2023
Dis amper tyd vir vakansie en die goeie nuus is dat fliekNET terug is vir ’n maand met van die beste Afrikaanse speelfilms, kortfilms en dokumentêre.  
flieknet article banner 2023

Dis amper tyd vir vakansie en die goeie nuus is dat fliekNET terug is vir ’n maand met van die beste Afrikaanse speelfilms, kortfilms en dokumentêre. 

fliekNET sal weer van 15 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024 op lug as ’n welkome toevoeging tot DStv se vakansievermaakprogram wees. fliekNET sal op DStv-kanaal 149 beskikbaar wees.

Van die speelfilms wat op fliekNET te sien gaan wees, sluit onlangse treffers soos Griekwastad, Toorbos, Kaalgat Karel en Swirl. Ook op die skedule is gewilde uurlange Storiefilms soos Ouma Olive en gewilde speelfilm-treffers soos Vir die voëls, Vuil wasgoed en Liewe Kersfeesvader

Silwerskerm-kortfilms maak ook deel van die program uit en van die splinternuwe kortfilms wat in Augustus vanjaar by die fees gedebuteer het, is op die fliekNET-skedule. 

Die Silwerskermfees het deur die jare gesorg vir die geboorte van vele filmmakers se loopbane en hierdie kortfilms wys nie net hoe geweldig talentvol ons filmmakers is nie, maar ook hoe die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse filmbedryf gegroei het. 

Van die dokumentêre wat op die kanaal te sien sal wees, sluit in die reeks Daar doer in die fliek en die roerende ’n Bus uit Oekraïne

fliekNET sal van 15 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024 op DStv-kanaal 149 vir Premium-intekenare beskikbaar wees. Die uitsendings sal daagliks vanaf 06:00 soggens tot 12:00 saans strek.

Kry die skedule hier of volg kykNET se sosiale media platforms vir meer inligting.