web uni tv guide
Boer soek n vrou S17 Maint Sljm BB
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Die kuier op die plaas is verby – Boer soek ‘n vrou

Nuus18 September 2025
Nie alle stories het ‘n gelukkige einde nie ...
Boer soek n vrou S18 Article image 5 farmers

Na die aanvanklike opgewondenheid op die plaas, het die tyd gekom waar ons vyf boere hulle eerste keuses moet maak oor wie se kuiertjie verby is.

Dalk moet ons eers met die goeie nuus begin?

Die enigste boer wat nié iemand huis toe gestuur het nie is Boer Evert, omdat hy reeds net twee pasmaats op die plaas het, maar ons kan nie wag om te sien wat volgende week se alleentyd gaan bring vir dié boer van Tshipise nie.

Boer Rudi was onkant gevang toe hy besef het dat hy reeds iemand moet huis toe stuur en na ‘n moeilike keuse, het hy vir Nelius gevra om die plaas te verlaat. Dit laat vir Hannes en Arnold toe om verder op die plaas te kuier en om tydens volgende week alleentyd met Boer Rudi te hê.

Boer Willie het na ‘n heerlike dag, waar hulle onder andere renoster-wesies gaan voer het, besluit om Yvonne huis toe te stuur, maar soos wat sy in die kar vir Reandi gesê het, was daar nie chemistry nie.

Daar is reeds ‘n vonkel in Boer Pieter se oog, maar dié jong boer van Richmond hou sy kaarte baie naby aan sy bors. Na vandeesweek se episode kuier Anzelle en Elizma nog bietjie langer op die plaas nadat Lisa huis toe gegaan het.

Geen meteoroloog sou die storm wat toegesak het oor Windsorton kon voorspel het nie: Die spanning tussen Boer Rudi H se pasmaats was tasbaar gewees toe Reandi op die plaas gearriveer het, maar gelukkig kon Reandi bemiddelaar speel tussen Lizelle, Paola en Elmarie ... Na ‘n baie lang, emosioneel uitmergelende dag het Boer Rudi H die keuse gemaak om vir Paola huis toe te stuur.

Wat hou die toekoms vir dié vyf boere in? Sal elkeen geluk en liefde vind? Dit is iets wat net die tyd sal kan leer ...

Skakel Donderdae om 20:00 in vir nuwe episodes van Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144 of stroom episodes regstreeks op DStv Stream –  en onthou om saam te gesels op Facebook, X, Instagram en TikTok deur #BoerSoeknVrou te gebruik.