#BoerPieter
Naam: Pieter
Ouderdom: 29
Tipe Boerdery: Skaapboer
Belangstellings: Sport, jag, motorfietse en die natuur.
Dorp en provinsie: Richmond, Noord-Kaap
So beskryf hy homself: Grapjas, positief, natuurmens, eerlik, spontaan.
Gee ons ’n kort opsomming van wie jy is:
Hy geniet dit om mense se siele uit te trek en kan ’n regte grapjas wees op die regte tyd, regte plek. Wat die boerdery vir hom spesiaal maak, is dat hy die vyfde generasie op die plaas is. Hy hoop hy kan dit laat aanbeweeg na die sesde geslag toe.
Vir Pieter lê geluk daarin dat hy homself en sy lewensmaat saam gelukkig kan sien.
“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar om saam gelukkig in ’n verhouding te wees, te glimlag en te doen wat ook al jy wil doen.”
Hy erken hy het ’n baie sagte hart vir mense wat swaarkry, maar min mense wat hom ken, is bewus van hierdie kant van die boer wat as ’n grapjas bekend staan.
Naas sy geloof is sy familie vir hom die belangrikste ding wat daar is.
Hy loop die enkelpaadjie die afgelope twee of drie jaar, maar dink dis nou weer tyd vir ’n spesiale mens in sy lewe – iemand om goeters mee te deel en te geniet en dinge saam te doen.
“Liefde is om mekaar te ondersteun, deur goeie en slegte tye,” is hoe hy die liefde sien na aanleiding van die verhouding tussen sy ouers en ook dié van sy grootouers.