#BoerReinier
Naam: Reinier
Ouderdom: 29
Tipe Boerdery: Saai-, bees- en skaapboer
Belangstellings: Reinier is gek oor alles wat met gewere gepaardgaan, maar hy kan ’n gholfstok ewe lekker swaai. Visvang, motorfietse en boer is sy lewe.
Dorp en provinsie: Frankfort, Vrystaat
So beskryf hy homself: Hardwerkend, eerlik, lewenslustig, goedhartig en nederig.
Gee ons ’n kort opsomming van wie jy is:
Reinier is die sesde geslag op die familieplaas en sê behalwe vir sy ouers wat hy eerste gesien het, is sy vroegste herinnering aan die groen trekker wat sy oupa hom in die hand gestop het.
As klein seuntjie aan die voete van sy pa en oupa, het hy een begeerte gehad: om sélf daai groot trekkers te bestuur.
Ons as boere is na aan die Here, want alles wat ons doen, is afhanklik van Hom.”
Reinier is op soek na liefde, en dit is waaraan hy sy rykdom wil meet.
“Ware rykdom is jou vrou en jou kinders,” sê hy.
Hy erken ook dat hy baie lief daarvoor is om te gee, en die liefde is al so opgebottel in hom dat dit nou tyd raak om oopgedraai te word.
“Ek soek nie ’n spark of ’n vlam nie – ek soek ’n veldbrand,” sê Reinier. Is dit dalk jy?