web uni tv guide
Boer soek n vrou S17 Maint Sljm BB
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerNicolaas

Nicolaas

Naam: Nicolaas

Ouderdom: 37

Tipe Boerdery: Skaap- en saaiboer

Belangstellings: Behalwe dat hy maklik op die ingewing van die oomblik iets saam met vriende of familie sal takel, is hy lief vir die buitelewe en geniet hy dit om te boer, vis te vang, fiets te ry en te jag.

Dorp en provinsie: Bredasdorp, Wes-Kaap

So beskryf hy homself: Hy hou daarvan om mense gelukkig te maak en is ook lojaal, hardwerkend, doelgerig, avontuurlustig.

Gee ons ’n kort opsomming van wie jy is:

Dié boer van digby Protem hou daarvan om mense gelukkig te maak. Koffie en beskuit is sy brandstof om die oggend mee aan die gang te kry.

Sy oupa-hulle het op die plaas kom boer en toe volg sy pa. Dié het drie seuns, en nou’s dit ’n familieboerdery. Nicolaas droom daarvan om sy eie kinders hier te sien grootword.

Hy het ’n interessante benadering rondom sy humeur.

“Voor ek kwaad raak, dink ek eers aan ’n ding. Dink ek, jis, is dit nodig om kwaad te raak? Nee, dit het nou gebeur, hoekom raak jy kwaad? Dit help nie jy raak kwaad nie. As ek kwaad raak, raak ek vir myself kwaad en vergewe ek myself makliker as iemand anders,” lag hy.

Hy sê hy het al ’n paar goed gedoen in die lewe, en dis nou tyd om anker te gooi met iemand wat met hom kan deel. Hy dink Boer soek ’n vrou is ’n goeie plek om mense te ontmoet en wat moet gebeur, sal gebeur.

“Ek geniet die lewe. As ek ’n kans kry om ’n ding te doen, dan sê ek nie nee nie. As hulle my vra of ek wil gaan toer, sê ek ‘yes, wanneer, waar, hoe laat?’ Dan maak ek ’n plan rondom dit, want die lewe is kort.”

Boer soek n vrou profile S17 lourie
Boer soek n vrou S17 Profile Pieter
BSV S17 Nicolaas profile