web uni tv guide
Boer soek n vrou S17 Maint Sljm BB
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerLourie

Lourie

Naam: Lourie

Ouderdom: 26

Tipe Boerdery: Bees boerdery

Belangstellings: Die man rol trekkerbande in die veld asof dit speelgoedkarretjies is. Hy hou van oefen, die buitelewe, om te kamp en te toer, asook jag en hengel.

Dorp en provinsie: Vryburg, Noordwes

So beskryf hy homself: Doelgerig, passievol,  humoristies, lojaal, hardwerkend.

Gee ons ’n kort opsomming van wie jy is:

Lourie sê hulle boer in die Texas van Suid-Afrika – daar tussen Reivilo en Vryburg. Hy het van kleintyd af twee drome gehad: om die Springbok-rugbytrui oor sy kop te trek en om by een van die grootste beesstoeterye in Suid-Afrika betrokke te raak.

Hy dink sy liefde vir bees het begin toe sy ma ’n foto van hom geneem het kleintyd by Buffelina, ’n jong kalfie op sy oom se plaas.

“Elke dag op die plaas het jy te doen met lewe en dood. En dis ook die mooi ding van die plaas. Dit is deel van die vloei van die lewe,” sê hy.

Dat hy absoluut mal is oor die Brahman-beeste waarmee hy daagliks werk, is ook duidelik. Dié ras is bekend vir hul slegte humeur, maar Lourie het ’n bul onder wie hy kan tent opslaan, so mak is die dier. Dis ook nie vreemd om hom op die rug van dié kragtige bul te sien sit nie. En as hy die bul roep in die veld, kom dit dadelik na hom toe.

Grappend sê hy dis waarskynlik die enigste verhouding wat hy die afgelope vier jaar gehad het.

Hy erken hy’s wel alleen op die plaas, maar eensaam is hy nie. Hy het ingeskryf vir Boer soek ’n vrou omdat hy ’n leemte en ’n tekort in homself voel wat net deur liefde gevul kan word. En hy is slaggereed om homself vir ’n slag eerste te stel en ook oop te stel om weer te kan lief raak vir iemand.

“Ek is amper half soos ’n Body on Tap-etiket sê two-in-one, want ek het ’n humorkant wat snaaks en vermaaklik is, maar ook ’n diep en sagte kant in my.”

Boer soek n vrou S17 profile evert
BSV S17 Nicolaas profile
Boer soek n vrou profile S17 lourie