Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Tien Suidooster-feite

Nuus
17 November 2015
Die eerste episode van Suidooster het Maandag afgeskop. Hier is tien feite wat jy moet weet van dié nuwe sepie.
Suidooster_Almal
Die eerste episode van Suidooster het Maandag afgeskop. Hier is tien feite wat jy moet weet van dié nuwe sepie.

1. Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word.
2. Dit het ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie tot die eerste episode wat op 16 November uitgesaai word.
3. Die Suidooster-ateljee was voorheen ’n Makro-groothandelaar.
4. Die verfilming van Suidooster het op 5 Oktober begin en daar word daagliks, 4 dae ’n week, een episode verfilm, met ’n ekstra vyfde dag vir buiteskote en om ekstra skote op te tel.
5. Daar is 65 permanente personeel wat op Suidooster werk.
6. Die akteurs en produksiespan val reeds soggens 07:30 by die ateljee in en werk tot sowat 19:30 saans.
7. Alistair Izobell het spesiaal twee liedjies vir Suidooster komponeer waarvan een as die temalied gebruik word.
8. Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet drie kameras vir ongeveer tien ure elke dag. Dit beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word na 22 minute afgesny.
9. Daar is ’n “karakterbybel” vir die reeks en só het elke karakter tot sy/haar eie sterreteken! Denise Newman se karakter, Bridgette October, is ’n Skerpioen!
10. Suidooster is ook ’n ware familie-geleentheid: pa en dogter, Cedwyn en Portia Joel is saam op die rolverdeling en die tweeling Marco en Marcel Spaumer is ook Suidoosters: Marco vertolk die karakter van Tim terwyl Marcel as teks- en storiekoördineerder dien.

Suidooster saai op Maandae, Dinsdae en Woensdae, om 18:00, op kykNET en kykNET & kie uit met ’n herhaling daardie aande om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind.