Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Suidooster: ’n Vars briesie op TV

Nuus
26 November 2015
Ná ses episodes van kykNET en kykNET & kie se nuwe Afrikaanse sepie, Suidooster, blyk dit dat Suid-Afrikaners nou ’n nuwe TV-verslawing het.
Picture1
Ná ses episodes van kykNET en kykNET & kie se nuwe Afrikaanse sepie, Suidooster, blyk dit dat Suid-Afrikaners nou ’n nuwe TV-verslawing het.

Dit het omtrent die afgelope twee weke op sosiale media oor Suidooster gegons en Suid-Afrikaners het hul menings op talle Facebook-blaaie gedeel wat onder meer kykNET, kykNET & kie, Huisgenoot, SARIE, Kuier, Heart FM, SON en Daily Voice insluit.

Die boodskap van televisiekykers is egter duidelik – nie net geniet hulle hierdie Kaapse sepie baie nie, maar hulle soek méér daarvan.

34 sdr ep6 stills1


Hier is wat sommige kykers op Facebook te sê gehad het:

  • Dean Kotze: “Julle het 'n awesome eerste episode gehad!!! Hou so aan! Hierdie storie lyk baie exciting!”

  • Mariana Senekal: “Episode een gekyk en ek love dit klaar. Hier kom weer n verslawing om na uit te sien.”

  • Magrieta Smith: “Hulle kan die Suidooster ’n uur aan hou.”

  • Antoinette van Tonder:‪ “Ek geniet die Kaapse Afrikaans! Uitstekende akteurs en spel!”

  • Angelica Beukes:‪ “Ek hou nogal van Suidooster. Dink dit gaan ’n interessante en tens sepie wees. Kan nie wag vir die volgende episode nie.”

  • Da-Ina du Randt:‪ “Groot potensiaal!! Gaan groot!”

  • Wilana Baard Rautenbach:‪ “Ek love Suidooster.”

  • Everline Elizabeth van Dyk‪: “Suidooster sover belowend. Spel is natuurlik en intrige in die vooruitsig. Dialoog ook vir my goed.”

  • Hanlie Smalberger:‪ “Dit is goed om iets nuut op die kassie te kan sien.”

  • Adelaide Williams‪: “Ek geniet omtrent Suidooster, enige ekstras benodig ? Lol.”

  • Charmy Hansen:‪ “Ek is van Namibië Whk en ek het Suidooster Sondag middag vir die eerste keer op Kyknet & Kie gekyk en dit vreeslik geniet...”

  • Antoinette Marlow Rademeyer:‪ “Ek geniet die nuwe sepie. ....moet nogals sê!”

  • Susan Du Plessis: “Cooool baie dankie vir die nuwe reeks ek LOVE AFRIKAANS !!!!!!”

  • Liz Jones: “Is super trots op dié eg Kaapse sepie! Lekker dat daar min aan die egtheid van die onderskeie kulture verander was. Lekker vars uit die Kaap! #homesick #oudKapenaar”

  • Jeanettia Jo-Anne Lucas‪: “Baie beïndruk met Suidooster, Eks ’n trotse Kaapenaar!”

  • Margaret Pheiffer‪: “Dankie julle by Suidooster, dit lyk of ons baie goed gaan saam kuier sterkte voorentoe.”

  • Pauline Pietersen-Aaron‪: “Wonderlik ek droom al jare vir hierdie sepie. Knap gedaan die manne is so sexy en hul spel uitmuntend. Hou so aan!”

    34 sdr ep6 stills21


Soos dit sosiale media betaam moet daar klagtes ook wees:

  • Herman van Rooyen: “Hoekom sit kykNET nie Suidooster die jullie week op nie?”

  • Landi Titus:‪ “Ek was so teleurgesteld toe ek Donderdag wou kyk en da is niks...”

  • Gaynor Siebritz‪: “Hoekom word dit net van Maandae to Woensdae uitgesaai, en nie die heel week nie?”

  • Hannelie Stockenstrom Prinsloo:‪ “Neeee ek wil hulle elke dag sien. Dit gaan ’n gunsteling word.”

  • Corrie Barnard‪: “Wat het nou Donderdag gebeur? Geen Suidooster!!!!!”

  • Mariana Senekal‪: “Nou waar was Suidooster vanaand?? Gedog dis elke aand op...”

  • Liz Jones‪: “Ek hoop kykNET heroorweeg en voeg nog twee dae per week by. Drie dae is hopeloos te min! Sjoe, ons moet nou tot volgende Maandag wag vir episode vier? Dié sepie het binne drie reeds bewys dat dit in 'n liga van sy eie is! Uitstekende toneelspel!”

  • Christel Neethling:‪ “Wonderlike sepie, ek geniet dit baie, maar hoekom wys dit net drie dae n week?”

  • Monique Hebert: “Brander Nee man, waar is Suidooster ek wil dit heel week ophê asseblief.”


Suidooster word op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai, met ’n herhaling daardie aande om 20:00 op kykNET & kie.

34 sdr ep5 stills3


Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word op Sondae om 14:00 op kykNET & kie uitgesaai. Besoek kyknet.tv vir inligting oor programskedules.

 

Hier is die akteurs in alfabetiese volgorde:


  • Abduraghmaan Adams

  • Cedwyn Joel

  • Danny Ross

  • Denise Newman

  • Gerwen Simon

  • Gideon Lombard

  • Greta Pietersen

  • Irshaad Ally

  • Jill Levenberg

  • Johan Botha

  • Marcel van Heerden

  • Marco Spaumer

  • Portia Joel

  • Simone Biscombe

  • Theresa Sedras.


 

Suidooster word deur Suidooster Films in Kaapstad vervaardig.

34 sdr ep6 stills41