Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Suidooster: ‘Ek is altyd die slegte ou’

Nuus
11 Mei 2016
Ons het met die akteur wat Harry Galant in Suidooster vertolk, Christian Bennett, gesels oor hoe dit voel om die skobbejak te wees.
Suidooster Harry Galant 01

Die afgelope tyd in Suidooster het Harry Galant op die toneel verskyn nadat Ian October hom genader het om sy vuilwerk vir hom te doen. Maar Harry is ’n man met sy eie agenda en dinge ruk gou handuit.

Sy van is ook nie verniet Galant nie, want Harry weet hoe om Ruiterbosch se mense om sy pinkie te draai terwyl hy eintlik besig is om ’n bose plan te bewerkstellig.

Ian begin ook agterkom dat Harry eintlik nie na sy pype gaan dans nie, maar dis dalk al te laat om ’n stokkie voor alles te steek.

Ons het met die akteur wat Harry vertolk, Christian Bennett, gesels oor hoe dit voel om die skobbejak te wees.

34 suidooster harry galant 01


Hoe sal jy Harry Galant in een woord opsom?

Slang!

Om ’n skobbejak te speel sit nie in almal se broek nie – kom dit vir jou maklik?

Baie dink dit kom maklik, want dit lyk maklik en almal ken ’n slang... Maar dit kom glad nie maklik nie. Daar gaan baie moeite daarin om ’n skobbejak met oortuiging te speel. Veral iemand soos Harry, wat aan die een kant ’n goeie voetjie probeer voorsit, maar ook ’n baie gevaarlike verskuilde agenda het.

Wat was vir jou die lekkerste deel daarvan om Harry Galant te speel?

Dit was nogal opwindend dat hy op mense se gevoelens speel en hulle manipuleer, terwyl hy ook baasspelerig is. Maar wat eintlik heerlik was, was om saam met sulke passievolle mense en talentvolle akteurs te werk wat waarlik omgee vir wat hulle doen.

Wat was die moeilikste vir jou ten opsigte van Harry se karakter?

Om die suiwer Afrikaanse woorde in jou kop te kry en om slapelose nagte te hê en te dink: “Gaan die publiek my geniet?”.

Is jy iemand wat meestal die “slegte ou” speel, of is jy ook soms ’n “goeie ou”?

Ek is maar altyd die slegte ou! Ek hou daarvan om die bad guy te speel, want om die goeie ou te speel sal maar boring raak!