Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Suidooster is een jaar oud!

Nuus
16 November 2016
Die kykNET-sepie Suidooster vier vandag, Woensdag, 16 November, sy eerste verjaardag.
Suidooster EenJaar

Die kykNET-sepie Suidooster vier vandag, Woensdag, 16 November, sy eerste verjaardag.

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word en is deesdae een van kykNET se gewildste programme.

“Ons is dankbaar vir die wonderlike ondersteuning wat Suidooster wyd en syd kry!” sê Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale by M-Net.

“Kyk ’n mens na hoe Suidooster van krag tot krag in 12 maande gegaan het, is die sukses daarvan verbysterend en is dit baie duidelik dat dié sepie nog vir jare sterk op kykers se skerms gaan waai.”

“Van meet af was Suidooster gewild en het dit talle nuwe kykers na kykNET gelok en só ook gehelp om die spitskyktydsgleuf se kykertal suksesvol te laat groei.”

Karen sê dit is veral vir kykNET belangrik dat Suidooster ’n vars briesie is, wat baanbrekerswerk verrig deur die wonderlike variante en kulture van Afrikaans te bevorder.

“Só is Suidooster se Samsodien-familie, deesdae van die geliefste Afrikaanse karakters op televisie en is ‘shukran’ en ‘kanalla’ op almal se lippe.”

Ons gesels met die akteurs oor hul karakters se reis tot hier:


Kitsfeite oor Suidooster


– Dit is ook die eerste Suid-Afrikaanse sepie met ’n Moslemgesin as hoofkarakters.
– Verlede jaar het dit ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie 2015 tot die eerste episode op 16 November 2015 uitgesaai is.
– Die verfilming van Suidooster het op 12 Oktober 2015 begin en tans word daar word een episode per dag verfilm.
– Die 178ste episode word op Suidooster se eerste verjaardag uitgesaai.
– Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet 3 kameras vir ongeveer 10 ure elke dag – wat beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word afgesny na 22 minute.
– Daar is 65 vaste personeel, wat 12 permanente akteurs insluit, wat op Suidooster werk.

Suidooster word Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai, met ’n herhaling om 20:00 op kykNET & kie en ook om 22:30 op kykNET. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word op Sondae om 14:00 op kykNET & kie uitgesaai.

Die permanente akteurs in alfabetiese volgorde volgens voornaam is...


Abduraghmaan Adams, Cedwyn Joel, Danny Ross, Denise Newman, Desiré Gardner, Gerwen Simon, Gideon Lombard, Greta Pietersen, Irshaad Ally, Jill Levenberg, Marcel van Heerden, Marco Spaumer, Portia Joel, Simone Biscombe en Theresa Sedras.

Suidooster word deur Suidooster Films by Atlantic Studios in Kaapstad vervaardig.