Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Suidooster: Bly te kenne Nuraan Jaffer

Nuus
07 November 2017
Suidooster verwelkom eersdaags Liezel Swartz, wat die rol van Nuraan Jaffer vertolk. Hier is wat JY van Nuraan moet weet.
Suidooster_Nuraan-2

kykNET verwelkom eersdaags die aktrise Liezel Swartz as nuutste toevoeging tot die Suidooster-familie. Dié aktrise vertolk die rol van Nuraan Jaffer.

LEES OOK: HIER IS WAT JY TOT DUSVER MOET WEET

Nuraan, wat 25 jaar oud is, is ’n sterk vrou met ’n wil van haar eie. Nie net is sy intelligent nie, maar ook baie doelgerig.

Hoewel sy uit ’n baie tradisionele Moslem-huisgesin uit kom, is Nuraan baie selfstandig en goed grootgemaak.

Sy word verwelkom in Ruiterbosch as ’n jong oogkundige wat haar eie praktyk in dié Kaapse voorstad wil begin. Haar pa, Kamaal Jaffer, is ’n advokaat met streng Moslem-beginsels.

LEES OOK: BELANGRIKE STORIELYNE IN SUIDOOSTER

Hoewel sy ’n baie sterk vroulike figuur is, respekteer Nuraan haar pa en sy waardes, en sal dus in alle omstandighede vermy om koppe te stamp met hom.

1510064988 34 suidooster nuraan3

 

Kykers kan uitsien na ’n moontlike liefdesbelangstelling in Rhafiek Samsodien (vertolk deur Irshaad Ally) wat by Suidooster Eiendomme werk. Vir Nuraan is daar beslis potensiaal vir ’n liefdesverhouding, maar wie weet? Dalk het Rhafiek eerder sy gelyke gevind.

LEES OOK: ALLES WAT JY MOET WEET OOR SUIDOOSTER

Nuraan is Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en 20:00 op kykNET&kie in Suidooster te sien. Gebruik die hutsmerk #Suidooster en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram.