Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Media liries oor Suidooster

Nuus
16 November 2015
kykNET en kykNET & kie se nuwe sepie, Suidooster, begin vanaand en die media het onlangs nader kennis met dié sepie, sy karakters en die span wat dit maak gebeur gemaak.

kykNET en kykNET & kie se nuwe sepie, Suidooster, begin vanaand en die media het onlangs nader kennis met dié sepie, sy karakters en die span wat dit maak gebeur gemaak.

Joernaliste en redakteurs van verskeie publikasies het reeds die eerste twee episodes van Suidooster by die media-bekendstelling gesien.

City Press se Thinus Ferreira beskryf Suidooster as “’n vars briesie wat deur ’n soms vaal en voorspelbare TV-landskap waai.”

“Dit is ongelooflik hoe Suidooster alledaagse Suid-Afrikaanse vraagstukke aanpak en reflekteer in ’n realistiese sosiale opset,” skryf Thinus.

Rozanne Els van Netwerk24Suidooster se “eg Kaapse sleng” gaan Gautengers na Tafelberg en sy mense sal laat verlang.

“Die storie is die eerste Afrikaanse sepie wat ’n Moslem-familie die spil maak waarom alles draai met spannende, stoute storielyne en karakters wat jou herinner aan die nuuskierige tannie wat in die straat bly,” skryf sy.

“Kaapse Afrikaans soos ‘kwaailappies’, ‘kanalla’, ‘stroe njammies’ en ‘duidelik’ sal gereeld in Suidooster gehoor word,” berig die Sondagkoerant, Rapport.

Die Son skryf die volgende oor Suidooster: “Moet ook nie te bekommerd wees dat daar ‘âwngesit’ sal word wanneer die mense op TV praat nie.”

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat buite Gauteng geskiet word. Dit vertel die storie van die mense van Suidooster, ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, 'n fiksionele voorstad in Kaapstad.

Drie gesinne lewe en werk saam en deel noodwendig in mekaar se lief en leed. Dit gaan oor ons spesifieke familie se vreugdes; vetes; twiste; liefdes; wraak en weerwraak; misverstande en jaloesie.

Suidooster sal van 16 November 2015 op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. uitgesaai word, met ’n herhaling daardie aande om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind.

Die akteurs in alfabetiese volgorde volgens voornaam is:

Abduraghmaan Adams
Cedwyn Joel
Danny Ross
Denise Newman
Gerwen Simon
Gideon Lombard
Greta Pietersen
Irshaad Ally
Jill Levenberg
Johan Botha
Marcel van Heerden
Marco Spaumer
Portia Joel
Simone Biscombe
Theresa Sedras

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word.

Vir ’n voorskou van Suidooster, klik hier.