Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

kykNET & Kie loods nuwe sepie

Nuus
30 Junie 2015
’n Nuwe sepie word vanaf 16 November 2015 op kykNET & Kie uitgesaai. Suidooster is die eerste sepie wat in die Wes-Kaap afspeel.
Suidooster
’n Nuwe sepie word vanaf 16 November 2015 op kykNET & Kie uitgesaai. Suidooster is die eerste sepie wat in die Wes-Kaap afspeel.

Dié opwindende nuwe sepie snoer die talente van Suid-Afrika se top-sterre saam, en bied aan plaaslike akteurs en tegnici ’n waardevolle platform om hul vaardighede ten toon te stel. Nie net gaan die sepie werksgeleenthede in die TV- en vermaakbedryf skep nie, maar vorm dit deel uit van M-Net se strategie om hul belegging in plaaslike inhoud – in verskeie inheemse tale – te verhoog.

Binnelanders en Villa Rosa, ons twee mees gewilde kykNET-sepies, speel onderskeidelik in Pretoria en Bloemfontein af. Dit is nou tyd dat ons ook in die Wes-Kaap ’n sepie kry,” sê Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale.” Al is die Wes-Kaap Suidooster se tuiste, is die storielyne universeel en ons sien uit daarna om dit met Afrikaanse kykers regoor Suid-Afrika te deel.”

Suidooster word vir kykNET vervaardig deur Gambit Films, en weerspieël M-Net se toewyding tot die integrasie van die TV-bedryf deur nuwe en talentvolle vervaardigers te ondersteun.

34 suidooster


Gambit Films, met sy spesialisvaardighede in draaiboekontwikkeling en skryf in die drama-genre, het groot opslae by die kykNET Silwerskermfees gemaak met hul kortfliek Nommer 37. Hulle het ook ’n rol gespeel in die vervaardiging van die 20 Ons Stories-flieks, wat in 20 14 op kykNET & Kie uitgesaai is.

“Dit is groot voorreg om ’n splinternuwe sepie vir kykNET & Kie aan te pak,” sê Travis Taute, direkteur van Gambit Films. “kykNET het oor die afgelope paar jaar ’n belangrike rol in ons ontwikkeling gespeel deur vir ons die waardevolle geleenthede te gee om ons werk ten toon te stel.

“Al daardie stappe het ons tot op hierdie punt gebring, en ons is vasbeslote om aan kykNET te bewys dat hulle vertroue in ons nie verniet is nie. Ons fokus daarop om seker te maak dat Suidooster ’n program op die skedule is wat nie gemis kan word nie.”

Meiring het ook Homebrew Films vir hul mentorskap van die Gambit-span geprys: “kykNET is verheug oor hierdie vennootskap – wat ons al vir verskeie jare ondersteun en aanmoedig. Ons is passievol daaroor om kapasiteit in die bedryf te ontwikkel en die kykNET Silwerskermfees wat jaarliks in Augustus in die Kaap plaasvind, speel ’n groot rol hierin.”

DStv-kliënte kan Suidooster elke Maandag, Dinsdag en Woensdag vanaf 16 November om 20:00 op kykNET & Kie (DStv kanaal 145) kyk. kykNET & Kie is beskikbaar op die DStv Familie-pakket.