Die gewilde sepie-aktrise Desiré Gardner het vanoggend geboorte aan haar tweede kind geskenk. Klein Robin is vanoggend vroeg in die Panorama Medi Clinic gebore.
Volgens Desiré se man, Chris, weeg Robin 3,19 kg en is ma en dogter gesond.
Dit is die paartjie se tweede kind en hul eersteling, James, het in Mei vier geword.
Desiré en haar man werk saam by Suidooster: sy voor die kameras en hy agter die skerms as die hoof van die tegniese afdeling en beligting.
Hulle het einde verlede jaar die groot trek van die Goudstad na die Kaap onderneem.
Desiré het met ons ’n foto van haar nuwe pienkvoet gedeel:
Desiré het vroeër vanjaar met ons gesels oor Suidooster en wat vir haar voorlê. Kyk die video hier onder: