Logo
Suidooster Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13 V

Desiré Gardner verwag ’n dogtertjie!

Nuus
08 April 2016
Die Suidooster-aktrise Desiré Gardner het in gisteraand se episode van Bravo! onthul dat sy ’n dogtertjie verwag.
Desire Gardner Gesin

Desiré Gardner, haar man, Chris, en hul seuntjie, James.


Die Suidooster-aktrise Desiré Gardner het in gisteraand se episode van Bravo! onthul dat sy ’n dogtertjie verwag.

Desiré het dié opwindende nuus met Marco Spaumer, wat die onderhoud gedoen het en een van haar mede-akteurs in Suidooster is, gedeel.

Desiré deel groot nuus en só lyk sy nou!

Sy en haar man, Chris, het aan Marco gesê dat hulle die nuwe kleinding, wat einde Julie gebore word, Robin gaan noem.

Desiré en Chris werk saam by Suidooster. Hy is hoof van die tegniese afdeling en beligting. Hulle het einde verlede jaar van Johannesburg na Kaapstad getrek.

Desiré gesels oor Suidooster en wat vir haar voorlê.

Die paartjie het ook ’n driejarige seuntjie, James.

“Ek sien so uit na ons pop!” sê Desiré, wat onlangs nog in Binnelanders te sien was.

VIDEO: Desiré groet Binnelanders.

Sy het Maandag vir die eerste keer haar verskyning in Suidooster as Carmen Fourie gemaak.