Logo
Suidooster
web uni tv guide

Suidooster

144Sepie13

Kookwarm drama in Oktober

Nuus
02 Oktober 2019
Lees verder om uit te vind van al die dráma wat na jóú sitkamer toe kom.
Binnelanders

’n Bekruiper, ’n troubeplanner uit die hel èn skokkende onthullings – klou vas aan jou bank vir Oktober se sepie-aksie.

 

Binnelanders

Weeksaande om 19:30

Louis en Naomi begin gereed maak vir hulle groot dag, maar dan ontmoet hulle vir Jessica, die troubeplanner uit die hel. Sonder takt laat sy hulle mooi verstaan dat hulle lywe nog glad nie gereed is vir só ’n groot dag nie. Jessica se opmerkings veroorsaak erge spanning tussen die paartjie.

At Koster probeer om homself uit sy nuutste huwelik te wriemel, maar die nuwe Mev. Koster gaan nie so maklik van haar ontslae laat raak nie.

Annelize moet die vrede bewerkstellig tussen haar en At –  en die enigste manier waarop sy hierdie sal kan doen is om Rian aan die baas van die plaas uit te lewer, maar Rian is so skaars soos hoendertande! Intussen sukkel Tertius met ’n pasiënt wat onmiddellik op hom verlief raak.

1570025890 34 screenshot 2019 10 02 at 15.47.48
Binnelanders

Elana kan nie verstaan hoekom haar geliefde Steve nie bereid is om chemoterapie te oorweeg nie. Dit blyk dat Danny dalk die antwoord het. Arme Danny het ook ’n moeilike maand wat voorlê, aangesien sy liefde vir Jax hom nog soos ’n skaduwee agtervolg.

Ilse is besig om skouer aan die wiel te sit met haar nuwe werk, maar Okkie wonder of sy dalk ook bietjie ekstra moeite doen met haar voorkoms. Hy wonder ook hoekom Sebastian so baie aandag verdien. Die Ferreira’s moet tyd maak om oop en eerlik met mekaar te praat oor die stand van sake –by die huis en in hulle harte.

1570026030 34 screenshot 2019 10 02 at 15.47.26
Binnelanders

Hugo se intrek by Kiepersol is nie so stil en stemmig soos wat hy gehoop het nie. Hy probeer om sy voete te vind, maar party mense maak dit vir hom ongemaklik. Om alles te kroon, ervaar Conrad gesondheidsprobleme wat nie heeltemal onverwags is nie.

In Oktober gaan die besluite wat nóú geneem word nog verreikende gevolge in die toekoms hê.

Getroud met Rugby

Weeksaande om 18:00

Kristien se lewe word bedreig deur Mario wanneer sy reël om hom in die geheim te ontmoet.

Simon en Renate is hart-gebroke nadat hulle poging om Madelyn te probeer keer om hulle baba te aborteer misluk. Renate verwyt Simon oor sy bakleiery in Pottie’s. Later vind hulle uit hoekom Madelyn werklik die besluit geneem het.

1570027584 34 screenshot 2019 10 02 at 16.45.16
Getroud Met Rugby

Blitz en Julia vertel vir Lienkie en Johan hulle gaan trou. Latter sukkel Julia om vir Lienkie óf Blitz te vertrou. Blitz is desperaat om vir Julia van sy liefde te oortuig, dus neem hy ’n drastiese stap.

Liam trek by Reitz en Anna in. Bart pers vir Liam af om sy spioen by Stryders te wees.

1570027703 34 screenshot 2019 10 02 at 16.45.41
Getroud Met Rugby

Liam, Schalk en Fafa probeer Reitz oorreed om weer rugby te speel. Alhoewel hy eers weier, word hy oortuig om te heroorweeg na slegte nuus.

Koekie en Magda besluit om ’n optrede te reël in Pottie's. Kort voor lank begin die poppe te dans tussen die susters, en arme Festus en Pottie word daarby ingesleep.

Suidooster

Weeksaande om 18:30

Almal het genoeg gehad van Bennie se obsessiewe gedrag. Mrs. J probeer vir Bennie onder beheer kry, maar hy verstaan nie wat hy verkeerd doen nie.

1570026374 34 screenshot 2019 10 02 at 16.24.48
Suidooster

Die nuwe kelner toon belangstelling in Zoe en ’n angswekkende gyselaarsdrama wag op die inwoners van Ruiterbosch. 

’n Goeie geleentheid wink vir Siya by Ruiterbosch Hospitaal, maar hy gaan eers ’n paar drastiese stappe moet neem om sy droom te realiseer. Nie almal is in die wolke oor sy verlowing met Bianca nie, maar Bianca verdedig haar gevoelens vir hom. Siya begin wonder of hy nie die verkeerde perd opgesaal het nie – veral wanneer iemand anders sy oog begin vang.

1570027254 34 screenshot 2019 10 02 at 16.25.17
Suidooster

Michelle en Stefan kry ’n onverwagse inwoner, maar hy bring ’n hele kas vol geraamtes saam en almal is bekommerd oor die Gerbers.

Vir die varsste nuus oor jou gunstelling sepie, volg die hutsmerke, #Binnelanders, #kykNETGMR en #Suidooster op sosiale media.