Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

SAFTA-benoemings: "Dis ’n fantasiese erkenning vir harde werk" – Arendsvlei

Nuus
05 September 2023
Arendsvlei word vanjaar vir drie SAFTAs benoem. Lees meer oor wat agter-die-skerms gebeur.
Arendsvlei bompie en lennie

Arendsvlei is vanjaar by die South African Film and Television Awards (SAFTAs) benoem vir Beste prestasie in Regie: Telenovela, Beste Telenovela, en die Gewildste TV-sepie of telenovela (Kykerskeuse). Altesame het kykNET vanjaar altesame 68 SAFTA-benoemings ontvang – dit sluit in benoemings vir televisieprogramme soos televisie komedie, dramas, en films.

In 'n onderhoud met kykNET se digitale span, het Roberta Durrant, die kreatiewe vervaardiger by Penguin Films wat Arendsvlei vervaardig, meegedeel wat die telenovela se hoogtepunte is sedert die eerste episode in 2018 uitgesaai is. Sy vertel ook wat gebeur agter-die-skerms op die "Vlei" se stel.

Hoe voel julle oor die SAFTA benoemings?

Ons is ongelooflik trots op elke liewe nominasie. Dis ’n fantasiese erkenning vir harde werk, talent en kreatiwiteit wat dit vat om ’n program te maak wat oor tyd ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Hoeveel toekennings het Arendsvlei al, en hoeveel benoemings het Arendsvlei gekry van die SAFTAs? 

Ons het 19 nominasies ontvang en sover drie SAFTA’s gewen. Roberto Kyle het die SAFTA gewen vir beste akteur in ’n telenovela (2020), Bea van Zyl het ’n SAFTA gewen vir beste kuns (2020), en Shaleen Surtie-Richards het die SAFTA gewen vir beste ondersteunende aktrise in ’n telenovela (2022).

Op watter dag en jaar was Arendsvlei se eerste episode op die lug? En hoeveelste episode is tans op die lug?

Die eerste episode het op 1 Oktober 2018 begin. Ons het tans 971 episodes op die lug.

Kan jy nog hoogtepunte noem wat Arendsvlei gehad het?

Daar was talle gevalle waar ons die “internet gebreek het” met ikoniese episodes. In 2021 het ons ons 500ste episode gevier en op 11 Desember sal ons ons 1000ste episode vier.

Vertel ons 'n bietjie wat gebeur agter-die-skerms van die Arendsvlei-stel.

Op ’n daaglikse basis het ons 47 "crew members" op stel en die aantal akteurs hang af van waar ons skiet en watter tonele dit is. Op ’n groot skietdag het ons oor die 100 mense op stel. Die akteurs gaan deur hulle lyne, die tegniese span maak gereed om te skiet en daarna gaan die akteurs die dialoog deur met die regisseur en dialoogafrigter. Hier is waar die storie lewe kry, die akteurs leer die teks vanaf ’n bladsy, maar dis hier waar hulle dit hul eie maak en die storie lewe gee. Sodra hierdie sessie klaar is, gaan ons na die vloer en wanneer al die elemente bymekaar kom, gebeur die “magic” van Arendsvlei. 

Arendsvlei is uniek want dit weerspieël die stories van mense wat nie in die verlede hulle stories kon vertel nie. Ons vertel relevante stories waar elke kyker hulself met iets kan vryselwig. Dit is outentiek. Oor die afgelope vier jaar het Arendsvlei ook die platform geskep vir jong talent, sommige sonder enige ervaring, en hulle is besig om te floreer en ’n naam vir hulself te maak in die bedryf.

Wat dink julle maak vir Arendsvlei so ’n gewilde telenovela?

Dis rou, outentiek, relevant en dit bring ook so baie vermaak! Dit het skurke wat almal mal maak en ook protagoniste waarvoor jy niks meer as liefde voor kan hê nie.

Arendsvlei is benoem vir beste prestasie in regie in 'n telenovelle. Hoe verdeel die regisseurs die werk en hoe maak hulle om mekaar se werk te komplimenteer?

Ons regisseurs werk in twee blokke, so in ’n maand is dit twee weke wat jy het om jou tonele voor te berei en die ander twee weke verfilm jy jou tonele. Omdat ons 26 episodes ’n maand skiet, skiet ons nooit al die tonele van een episode in orde nie. So, dis wanneer die verskillende departmentshoofde en regisseurs met mekaar kommunikeer oor spesifieke keuses wat gemaak is en die kontinuïteitsspan moet seker maak al die tonele in ’n episode stem ooreen en het dieselfde styl. 

Wie “direct” die tonele wat Jarrid Geduld doen as Bompie, of hoe balanseer hy sy rol as akteur vs regisseur?

Daai tonele sal ons ander regisseur verfilm en dan staan ons 1ste AD Mandilakhe Yengo ook in. Met baie voorbereiding en die ervaring om die twee rolle van mekaar te onderskeid, het Jarrid dit reggekry om albei hoede te dra wanneer dit nodig is.

Wanneer dit kom by komplekse “issues” soos geloof, soos byvoorbeeld Langes was deur ’n proses gegaan het om Whalied te word, hoe het die produksie die storielyn hanteer?

Ons skrywers doen fenomenale werk om die fondasie te lê vir elke storielyn en doen die nodige navorsing. Wanneer dit aan produksie oorgehandig word, bring ons die nodige partye in om seker te maak die storie word outentiek vertel. Soos met die Langes-storielyn, het ons ’n kulturele advieseur gehad wat met Bobby Stuurman gewerk het. Hy het enige vrae wat Bobby gehad het, geantwoord en ook vir hom gehelp met die uitspraak van sekere woorde. Bobby was ook saam met hom Masjied toe waar hy geleer het hoe om te bid en wat dit beteken. Ons het ook vir Imaam Waseem Abrahams ingebring om te help en hy was ook die Imaam in die tonele.

Het ’n storielyn ooit verander weens die publiek, of moontlik in ’n ander rigting gegaan omdat die publiek gaande was oor ’n karakter of so?

Ja, ons het baie storielyne waar ’n karakter Arendsvlei verlaat of ’n kort storielyn het. Maar wanneer ’n akteur fantasiese werk lewer, kry sy of hy addisionele storielyne of ’n permanente plekkie in die Vlei. 

Wie van die akteurs op die stel en ook die wat die meer aan die stel werk nie, het internasionale erkenning gekry?

Crystal Donna Roberts, Jody Abrahams, Jarrid Geduld, Roberto Kyle en nog vele meer.

Is daar enigiets wat julle vir ons kan vertel wat julle dink die kykers sal interessant vind?

Baie van ons akteurs kan sing, dans en toneelspeel. Ons verfilm by ’n regte skool en die leerders wat ons as ekstra’s gebruik, is leerders van die skool wat in drama belangstel. Ons het talle "crew members" in verskillende departmente oor die vyf jaar opgelei wat nou almal besig is met projekte in die bedryf.

  • Arendsvlei is weeksdae om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145).