Logo

kykNET kraai koning met hoeveelheid SAFTA-benoemings!

Nuus
21 Augustus 2023
Het jy geweet kykNET spog vanjaar met 68 SAFTA-benoemings.
SAFTAS Article Image

Buiten die immergewilde kykNET sepies-en-telenovelas wat ook spog met benoemings, was die volgende produksies ook genomineer: 

Die groot niks spog met een benoeming vir  die beste prestasie in kinematografie vir ‘n dokumentêr.  

Die Groenste vingers is benoem vir die beste kompetisie-formaat realiteitsreeks. Stroom die tweede seisoen nou op Showmax

Weskusbewoners is benoem vir die beste gestruktureerde of dokumentêre realiteitsreeks. Stroom dié reeks ook op Showmax

Trend is benoem as die beste jeugprogram.  

Spasie kan spog met ‘n benoeming vir beste leefstylprogram. 

Geleende tyd, een van die kykNET-storiefims kan ook spog met ‘n benoeming vir beste televisie film. 

Hotel kraai koning met die 13 benoemings wat hulle vanjaar ontvang het by die SAFTAs onder andere beste prestasie vir regie in ‘n televisie komedie, twee benoemings vir beste ondersteunende aktrise vir Mila Guy en Martelize Kolver en beste ondersteunende akteur vir Schalk Bezuidenhout. Simoné Pretorius en James Borthwick is ook benoem vir beste aktrise en akteur in ‘n televisie komedie, onderskeidelik. 

Stroom nou al vyf seisoene! 

Dinge van ‘n Kind is benoem vir die beste prestasie vir klank in ‘n televisiedrama. 

Fraksie, en Loki Rothman, is ook benoem vir die beste oorspronklike komposisie vir ‘n televisiedrama. 

Leemtes en leegheid is benoem vir die beste kortfilm saam met Katvis

Die SAFTAs vind plaas op 29 en 30 September 2023 met die groot toekenningsgeleentheid wat regstreeks uitgesaai sal word op 30 September op Mzansi Magic, kanaal 161 om 19:00. 

Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van Premium-kanale, het die volgende boodskap oor die groot getal SAFTA-benoemings waarmee kykNET kan spog: "kykNET is trots op die groot aantal nominasies vir programme waaraan honderde inhoudskeppers hard gewerk het. Om inhoud te maak wat dit regkry om in die bedryf erken te word én aan gehore plesier te verskaf, is nie maklik nie. Ons en ons vervaardigers sal die erkenning nie as vanselfsprekend aanvaar nie."

Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk, #SAFTAs te gebruik. 

Foto deur: Nataliya Vaitkevich, Pexels