Logo

Wicus se spieëlkoek

27 Junie

Gebak

4

Hier is Wicus se wenresep.

Koekedoortjie-5
Bestanddele

Vir die bloubessiesous:

200 g strooisuiker

750 ml bloubessies

Vir die fondant:

30 ml room

fondant

koekroller

Vir die glasiersel (‘mirror glaze’):

mielieblom

125 ml water

10 ml gelatien

300 g suiker

200 g kondensmelk

150 ml water

​350 g wit sjokoladebrokkies

​gel-voedselkleursel   blou, pers en swart

Vir die koek:

3 eiers kamertemperatuur

200 g koekmeel

60 ml mielieblom

12,5 ml bakpoeier

2 ml sout

100 ml water

100 ml olie

5 ml koekkleursel (blou/pers/turkoois)

5 ml suurlemoenskil

Vir die malvalekker-fondant:

60 ml suurlemoensap

Sagte botter vir smeer

900 g versiersuiker

450 g malvalekkers

60 ml water

koekkleursel helderblou

Vir die stokkielekkers:

​glinsterstof vir afwerking

isomalt

‘sparkle’ lekkers

stokkies

Vir die versiersel:

10 ml CMC-poeier (help dat fondant gouer set)

500 g botter kamertemperatuur

7 x 250 ml versiersuiker

​bloubessiesous (wat jy al klaar gemaak het)

Metode

STAP 1 – die koek:

Bak die koek. Jy moet hierdie resep 3 keer aanmaak sodat jy drie koeke het.  

  1. Voorverhit oond teen 180 ˚C . Plaas oondrak In die middel.
  2. Berei 3 x 20 cm koekpanne voor met bakpapier en kleefvrye sproei.
  3. Skei eiers, die eierwit in bak van staanmenger en eiergeel in ander bak.
  4. Klits eierwit tot sagtepunt met ballonhegstuk van elektriese menger.
  5. In ’n mengbak sif meel, bakpoeier, sout en mielieblom.
  6. Voeg water, olie, suurlemoenskil en koekkleursel by eiergele. Klits met ballonklitser tot dit hoog skuim. Gooi strooisuiker stadig by die eiergele terwyl jy aanhou klits.
  7. Skep in groot staalbak.
  8. Sif die meelmengsel oor die eiergeelmengsel en vou in.
  9. Vou geklitste eierwitte in. Skep in pan en bak vir 20 tot 23 minute op die middelrak.
  10. Verwyder vanuit oond, laat staan 10 minute, maak die pan se ring los en plaas koek In vrieskas om verder af te koel.

STAP 2 – die bloubessiesous vir die versiersel:

  1. Kombineer bloubessies en suurlemoensap in ’n kastrolletjie. Laat opkook oor matige hitte tot dikkerig terwyl jy heeltyd roer en die bessies fyn druk – sowat 10 minute.
  2. Verwyder van plaat en gooi deur ’n sif in ’n bak. Werk dit deur met ’n lepel. Laat afkoel in yskas.

STAP 3 – die malvalekker-fondant:

  1. Was jou hande en smeer staanmenger se bak en deeghak met botter. Smeer glasbak vir mikrogolf met botter.
  2. Sif die versiersuiker.
  3. Gooi 4k van die versiersuiker in staanmenger se bak.
  4. Voeg malvalekkers en water in mikrogolfbak. Mikrogolf vir 1 minuut, roer en mikrogolf dan weer vir 1 minuut. Dit moet loperig wees, anders mikrogolf weer.
  5. Gooi koekkleursel by en meng.
  6. Gooi mengsel in bak van staanmenger en begin stadig meng. Gooi nog versiersuiker en CMC by totdat dit nie meer klewerig is nie.
  7. Smeer werkoppervlak met botter, knie met orige versiersuiker tot reg vir rol (jy hoef nie al die versiersuiker by te sit nie).
  8. Bedek met kleefplastiek en bêre eenkant. As dit baie sag is, verkoel bietjie in die yskas.

STAP 4 – die versiersel:

  1. Voeg botter in bak van staanmenger en klop met hak to liggeel en donsig.
  2. Sif versiersuiker by en klop goed.
  3. Gooi bessiesous by en klop. As dit nog styf is, gooi 15 ml room by. Klop tot dit aan die hak bly vassit as jy die deksel lig. Jy kan nog 15 ml room bysit indien jy rêrig moet, maar kyk mooi.
  4. As die mengsel te slap is, voeg nog versiersuiker by. Indien die pers kleur nie diep genoeg is nie, voeg nog pers kleursel by. Klits baie goed.
  5. Haal koue koeke uit vrieskas. Verwyder koekpan se bodem en trek papier af. As die koek enigsins nog lou voel, plaas dit terug in vrieskas.
  6. Skep versiersel in spuitsak met groot, ronde, oop spuitpunt en maak vas met rekkie.

STAP 5 – tyd om die koek aanmekaar te sit!

  1. Sny 3 karton-koekborde uit tot die regte grootte.
  2. Sny koeke bo-op gelyk indien nodig.
  3. Sit donkerste koek onder. Spuit ’n spiraal versiersel en smeer plat.
  4. Plaas die tweede donkerste koek op, gevolg deur nog ’n laag versiersel.
  5. Plaas die laaste met die plat onderkant na bo. Smeer ’n krummellaag om die rondte en bokant. Plaas in yskas.

STAP 6 – trek koek oor met fondant:

  1. Strooi mielieblom op werksoppervlak.
  2. Rol fondant so dun uit as wat jy kan.
  3. Rol fondant-sirkel oor ’n koekroller, drapeer oor die koek en maak glad. Sny dit netjies onder.

STAP 7 – bedek die koek met spieël-glasiersel (‘mirror glaze’):

  1. Plaas gelatien en 125 ml water in ’n bakkie en laat oplos.
  2. Voeg die suiker, kondensmelk en 150 water in medium kastrol en verhit oor matige hitte terwyl jy af en toe roer. Haal van hitte af sodra dit begin kook, meng gelatien by en roer tot gelatien gesmelt is.
  3. Voeg sjokoladebrokkies in ’n glasbak en giet die warm mengsel bo-oor, roer tot al die sjokolade gesmelt is.
  4. Verdeel die warm mengsel tussen 3 bakkies en kleur dit onderskeidelik blou, pers en swart.
  5. Gooi eers blou, dan pers, dan swart gekleurde mengsel in ’n maatbeker. Kontroleer dat dit 37 ˚C is.
  6. Plaas ’n glasbak op ’n plaat of skinkbord en plaas koek bo-op.
  7. Gooi glasuur oor hele koek en laat afloop, moenie daaraan raak nie.
  8. Sprinkel glansstof oor. Verkoel in yskas tot gestol.

STAP 8 – maak stokkielekkers:

  1. Smelt die isomalt in die mikrogolfoond. Kap die verskillende kleure ‘sparkles’ apart fyn. Gooi die isomalt uit op bakpapier. Plaas stokkies daarop en gooi fyngemaalte lekkers oor, sodat jy verskillende kleur stokkielekkers het. Druk die stokkielekkers op verskillende hoogtes in die koek om die verskillende planete in die heelal voor te stel.
Koekedoortjie-3
Wicus se kasjoeneut-en-spek-tameletjie
20 June 2018

Wicus se kasjoeneut-en-spek-tameletjie