Logo

Sitrusroomys

16 November

4 Porsies

Suiwel

Probeer gerus dié resep vir sitrusroomys, soos voorberei tydens ’n uitsending van Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep06-SITRUSROOMYS-1
Bestanddele

2 l vanieljeroomys

2 e versuikerde lemoenskil

2 gemmerkoekies

2 e lemoenlikeur

Metode

 

  1. Laat staan roomys teen kamertemperatuur tot sag, nie gesmelt.
  2. Skep lepels roomys in ronde mengbak of poedingvorm.
  3. Sprinkel 'n bietjie skil, koekies en likeur oor.
  4. Herhaal proses totdat bestanddele op is en nog net 'n klein bietjie roomys oor is. (Belangrik: Moet nooit roer nie!).
  5. Skep laaste roomys oor en maak bokant gelyk.
  6. Verseël met plastiek en vries tot benodig.
  7. Net voor opdiening:Plaas bak in warm water vir 'n paar sekondesKeer om op opdienbord en bedien onmiddellik met madeirakoek.
EVN2-Ep06-MADEIRAKOEK-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-16

Madeirakoek