Logo

Blatjanghoender

03 September

Lewer 4 - 6 porsies

Gebak

5

Dié blatjanghoender, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO_3 September
Bestanddele

8 hoenderporsies (bv. dye of boudjies, oortollige vet verwyder)

10 ml mielieblom

125 ml Rooibostee (sterk)

125 ml blatjang (van goeie gehalte)

1 groot ui (gehalveer en in dun skyfies gesny)

250 ml laevet-joghurt (ongegeurde)

2,5 ml sout

vars tiemieblare (opsioneel)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoenderporsies in ’n oondbak.
2. Meng die mielieblom met van die tee om ’n pasta te vorm. Meng die res van die tee by.
3. Roer die blatjang en ui by. Voeg die joghurt en sout by en roer tot goed gemeng.
4. Skep die joghurtmengsel eweredig oor die hoenderporsies.
5. Bak vir 30 – 45 minute of tot goudbruin en die hoender gaar is.
6. Garneer met vars tiemie en sit warm saam met slaai of groente van jou keuse as ’n heerlike aandete voor. Pak oorskiet-hoender in ’n kosblik met neute en vars bestanddele soos bv. knopiesampioene, aarbeie, wortels, gaar broccoli en tamaties (sien wenk).

Wenke
1. Kosblik-kebabs: ryg die verskillende vars elemente, soos aarbeie, vars sampioene en tamaties op klein kebabstokkies en pak dit so in vir kinders (of grootmense). Dit help om veral die kinders opgewonde te hou oor vrugte en groente.
2. Rooster stukkies botterskorsie saam met die uie in die oondbak om sommer ook ’n stysel in die ete in te sluit.

DGO-Aartappel
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
20 August 2018

Eenskottelgebak met aartappel en hoender