Logo

Appel- en hawermoutmuffins

Lewer 12 - 15 muffins

Gebak

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Maak vyf. Foto: Heleen Meyer

DGO_17 Julie
Bestanddele

125 ml bruinsuiker (sagte)

7,5 ml gemengde speserye (gemaalde)

10 ml kaneel (gemaalde)

500 ml koekmeel

250 ml volkoringmeel

250 ml hawermout (rou)

7,5 ml bakpoeier

125 ml Pink Lady® appels (grofgerasper, met die skil aan)

125 ml bosbessies of rosyne (gedroogde)

80 ml sonneblomolie

10 ml vanieljegeursel

2 ekstra-groot Nulaid eiers (geklits)

500 ml karringmelk

1 Pink Lady® appel (in dun skyfies gesny en skyfies gehalveer)

30 ml amandels (gekap)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan deeglik met botter of olie.
2. Meng die suiker en speserye saam en hou 15 ml (1 e) eenkant. Meng die res van die suiker en speserye saam met die koek- en volkoringmeel, hawermout en bakpoeier in ’n groot mengbak. Roer die gerasperde appel en bosbessies of rosyne goed deur.
3. Klits die olie, vanielje en eiers saam. Voeg met die karringmelk by die meelmengsel. Vou die vloeistof liggies deur die droë bestanddele tot dit net deurgemeng is. Moenie te veel meng nie.
4. Skep die beslag in die muffinholtes. Plaas 3-4 appelskyfies op elke muffin en druk liggies in die beslag.
5. Meng die res van die kaneelmengsel met die amandels en strooi bo-oor die muffins.
6. Bak vir 30-35 minute of tot goudbruin en ’n toetspen skoon uitkom. Laat ’n paar minute afkoel en keer dan die muffins versigtig uit die pan. Laat op ’n afkoelrakkie afkoel.

Wenke
1. Pak die muffins in ’n kosblik met avokado, vars groente soos groenboontjies en tamatiewiggies, neute en oorskiet-hoenderporsies vir ’n gebalanseerde maaltyd.
2 . Dis ’n lekker vullende muffin vir kinders wat nie van ontbyt hou nie, maar iets voor skool moet eet.

Kosblik_2 Julie
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2 July 2018

Geroosterde patat en appels met avo en tuisgemaakte mayo