Logo
Suidooster
web uni tv guide

Suidooster

144Sepie13

Suidooster kombuis

Nuus
19 September 2019
Ruik jy dit ook?
Suidooster Kookboek Article 1600 x 640

Smul saam met Suidooster! 

Die geure uit die Ruiterbosch­-kombuise wat saam met die Suidooster dwarsdeur jou TV­-skerm tot in die hart van jou huis waai? Pot­-uitlek soet­-hoenderkerrie, varsgebakte speserykoekies en geurige tamatiebredie...

Suidooster­-aanhangers smeek hulle geliefde sepie-­gesinne al lank vir ’n kookboek met hul gunsteling-geregte, en hier is dit nou! Mrs J, Mymoena en Stefan neem die voortou: “Ons deel ons resepte sodat familietradisies, ons kos en feestelikheid kan aangaan. Dis niks uitspattig nie. Ons kook uit ons harte met bestanddele soos liefde en joy.

Geniet ’n groot sny marvellous melktert terwyl jy na Mrs J se raad luister. Hoor AB wat vir Mymoena sê: “Shukraan, my darling, vir die heerlike samoesas,” terwyl jy ook proe. En probeer self Stefan se Oos Wes­-staatmakers.

Hierdie boek vier die vermenging van kultuur, tradisie en nostalgie wat familie en vriende se lief en leed met kos saambind. Dis pure magic, my mens!

Die Suidooster kombuis-resepteboek is vanaf 16 September 2019 landswyd by boekwinkels teen R280 te koop.

Oor die samesteller

Errieda du Toit het in haar verbeelding ure om die tafels en kospotte saam met Suidooster se geliefde huiskokke deurgebring vir haar tiende resepteboek. Die rol wat kos speel om mense bymekaar te bring is haar passie. Dit leef sy ook uit as die inhoudsvervaardiger vir kykNET­-kosreekse soos Kokkedoor, haar kos-rubrieke, radiopraatjies en kosblog Huiskok.com