Logo
Oppiestoep
web uni tv guide

Oppiestoep

145GeselsprogramPG

Is jy soos Craig of Roberto? – Arendsvlei

Nuus
08 Januarie 2019
Voltooi dié vraelys en vind uit!
Is jy soos Craig of Roberto? – Arendsvlei

Het jy al ooit gewonder of jy iets in gemeen het met die akteurs wat lewe gee aan Arendsvlei se gewilde karakters, Lee-Roy en Wesley? Wel, nou kan jy uitvind! Ons het ’n paar vrae vir Craig Adriaanse en Roberto Kyle gevra om uit te vind wie die mense agter die karakters is. Indien jy wil weet met wie jy meeste ooreenstem, kies a of b met die volgende vrae en vind uit of jy meer soos Roberto of Craig is:

1. Raak jy maklik gefrustreerd?

a) Nee

b) Ja

2. Watter sport verkies jy?

a) Rugby

b) Hokkie

3. Watter van hierdie verkies jy?

a) Pasta

b) Chicken Biryani

4. Watter stokperdjie verkies jy?

a) Gym

b) ’n Goeie fliek kyk

5. Wat is vir jou die belangriker eienskap in iemand anders?

a) Eerlikheid

b) ’n Mooi hart

6. Watter positiewe eienskap pas die meeste by jou?

a) ’n Goeie luisteraar

b) ’n Eerlike persoon

7. Watter negatiewe eienskap pas die meeste by jou?

a) Kan soms ongeduldig wees

b) Hardkoppigheid

8. Watter land sal jy graagste wil besoek?

a) Die VSA

b) Italië

9. Watter tipe fliek hou jy die meeste van?

a) Rillers

b) Fantasie-drama’s

Meestal A's

Jy is meer soos Craig: “Ek is 'n baie ambisieuse, hardwerkende mens en droom daarvan om' n verskil in ander mense se lewens te bring deur stories te vertel. Ek is baie lief vir my familie en vriende en maak altyd moeite om 'n glimlag op hulle gesigte te sit. Alhoewel ek soms bietjie ongeduldig kan wees, leer dit my dat die beste dinge in die lewe kom met tyd.”

Meestal B's

Jy is meer soos Roberto: “Ek is n akteur. Ek is bevoorreg genoeg om te weet dat ek tans in die hart van my lewensdoel bestaan. Ek besef elke dag dat ek gemaak is om ander te raak deur stories te vertel. Ek het groot geword in die Paarl, met n passie vir musiek en drama. Daar het ek geleer dat ek nog altyd mense iets wou laat voel. Ek dink een van die mooiste maniere om ander te raak, wanneer ons woorde ons verlaat, is deur die oordrag van ń emosie – wat soms gegrond is in stilte, en soms verras dit ons in iemand se oë. Ek leer met elke dag dat my kapasiteit om ander te laat voel geen beperkinge het nie, en dat ek nooit om verskoning moet vra vir my vermoëns om ander te laat voel nie. En dís hoekom ek ACT!”

Wil jy meer van Craig en Roberto sien? Volg Arendsvlei elke Maandag tot Woensdag om 20:00 en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #Arendsvlei.