Logo
Diepe waters
web uni tv guide

Diepe Waters

144Telenovela13 L

Maak soos Mel Viljoen: Kikker so jou naels op vir die seisoen – Diepe waters

Nuus
17 April 2024
Kry idees vir hoe jy jou naels kan opkikker.
nail art

Het die onlangse besoek van Mel Viljoen, besigheidsvrou en Die Real Housewives van Pretoria-ster, in Diepe Waters, vir jou laat dink: “My naels kort ook ‘n opkikker”? Of dalk het jy ‘n oomblik ervaar toe jy inkopies gaan doen en die winkel-kassier se naels het beter as joune gelyk?

Nietemin, ons het wenke oor hoe jy naels kan betower.

Stap een: Besluit wat jou gekose kleure is vir hierdie seisoen. Dink aan die kleure (aan jou klere) wat jy gaan dra hierdie herfs en winter: Watter skakerings bruin, groen, rooi of oranje beplan jy om te dra, en hoe donker of lig is die skakerings waarvan jy hou? Ook, hoe wil jy hê moet jou naels jou kleredrag komplimenteer?

Stap twee: Voordat jy jou “wat sal Mel doen”-hoedjie opsit, gaan loer ‘n bietjie op Pinterest vir nail art trends. Soek vir jou gekose kleure. Die platform sal dan vir jou ‘n verskeidenheid van velkleur opsies gee waarvan jy dan joune kies.

Stap drie: Maak ‘n lys van jou gunsteling foto’s of videos en hou dit reg vir jou naeltegnikus. Kyk na watter elemente jy op jou naels wil hê: Verlang jy ‘n bietjie gem stones of naelkuns van herfsblare? Of dalk is jy nie gepla met die seisoen se kleure nie, dat jy eerder net iets soek wat uitstaan…

Stap vier: Los dit in die hande van iemand ervare. Indien jy nog nie jou eie naeltegnikus het nie, vra by vriende of familie hieroor, of gaan vra daardie kassier waar jy inkopies gedoen het, waar sy haar naels gedoen het. Wanneer jy jou nael tegnikus gekry het, kan jy hulle Instagram- of Tik Tok-profiele nagaan en kyk of hulle bekwaam is om te doen wat jy vra.

Diepe Waters is elke Maandag tot Donderdag om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144), asook op DStv Stream.