Logo
Diepe waters
web uni tv guide

Diepe Waters

144Telenovela13

Leer uit Rossouw se foute en gebruik só die “dating apps” – Diepe Waters

Nuus
07 Februarie 2024
Kry vinnige wenke om die beste te maak van jou aanlyn “dating”-ervaring.
dating apps

Dit is die maand van liefde en as jy enkellopend is, ervaar jy een van drie dinge:

  • Jy voel die druk is groot om in ‘n verhouding te wees en jy moet binnekort ‘n “date” kry
  • Jy is baie optimisties en het genoeg selfvertroue om dinge soos “dating apps” te probeer
  • Jy is nie gepla oor Valentynsdag of die “maand van liefde” nie.

Indien jou gevoelens ooreenstem met die laasgenoemde, is hierdie artikel waarskynlik nie vir jou nie, so jy kan uit nuuskierigheid aanlees.

As jy ‘n Diepe waters-aanhanger is, weet jy waarskynlik van die tyd toe Valencia ‘n dating profile op ‘n toepassing vir haar dogter, Lettie, geskep het. Sy het slegs met “kwaliteit” mans gesels en het op die ou ent vir Merwyn ontmoet, wat haar kêrel geword het.

Dan is daar Rossouw wat onlangs ‘n dating app begin gebruik het. Mens kon sien dat hy nie weet hoe die goeters werk nie, want Sanet moes hom wys hoe om ‘n ouderdomsgroep beperking op sy profiel te plaas.

Hier is moets en moenies wat jy moet volg wanneer jy dating apps gebruik:

Moets

Maak seker jou date kry nie ’n wan persepsie van wie jy is nie – Rossouw het een dame die wan persepsie gegee dat hy ‘n swemafrigter is omdat hy by ‘n swemklub werk.

Probeer eerder om mekaar beter te leer ken en bevestig die inligting wat julle met mekaar aanlyn gedeel het.

Maak seker jy het ’n ouderdomsgroep beperking. Dit kan ongemaklike situasies vermy – Rossouw het geskrik toe hy besef die eerste dame met wie hy ‘n afspraak gehad het, was op skool saam met sy oudste seun! 

Hou eerder die gesels op die platform, stel Tinder se beleid voor. Tinder waarsku dat dié wat slegte intensies het, sal probeer om die kommunikasie te beweeg na eposse en messaging apps.

Vat jou tyd om iemand te leer ken – moenie in ‘n haas wees om iemand in persoon te ontmoet nie, is ook Tinder se raad. ‘n Oproep of ‘n video-oproep kan geskik wees veral voordat jy iemand in persoon ontmoet.

Moenies

Bly weg daarvan dat jy spesifieke persoonlike inligting verskaf oor jouself, soos waar jy woon, waar jy werk of enige finansiële inligting. Jy moet liewer ook nie jou kinders se name of waar hulle skoolgaan onthul nie. 

Te veel swipe nie, is InStyle se raad. Valencia (Lettie se ma in Diepe waters) het genoem dat sy net met kwaliteit mans gesels het.

Moenie jok oor jou ouderdom nie, want die persoon wat jy date het sekere verwagtinge. Onthou jy Rossouw se eerste date? Sy was te jonk vir hom en hulle gesels in lewende lywe was ‘n doodloopstraat.

Geld stuur aan enigiemand nie, waarsku Tinder

Wenke vir mense wat ouers is of onlangs geskei is…

Jy kan oop wees met jou eks of jou kind se ma/pa oor jou wat begin dating apps gebruik, maar wees versigtig oor wat jy kwytraak. Wees versigtig oor die advies/ raad/ motivering wat jou eks vir jou wil gee oor dating. Ons sien hoe Sanet vir Rossouw wil probeer help, maar dan werk dinge nie so lekker uit nie.

Pas op vir geselsies met jou eks wat gaan oor die goeie “ou dae”, oftewel bly eerder weg van hierdie praatjies.

As jy vir jou eks gaan vertel van ‘n date, maak seker dit is slegs oor wanneer die afspraak gaan plaasvind sodat dit nie gaan bots met jou tyd saam met kinders nie. Jou eks hoef nie te veel oor wie jy datenie.

Laastens, kry nodige inligting oor hoe jy jouself aanlyn (asook offline) kan beskerm deur die dating apps se beleid te lees.

  • Deel jou wenke vir hoe om dating apps te gebruik op kykNET se Facebook, X, Instagram of TikTok platforms en gebruik die hutsmerk #MaandVanLiefde.