Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Arendsvlei se trouliedjie bekoor

Nuus
15 Oktober 2021
Roberto Kyle, wat die rol van Lee-Roy Foster in Arendsvlei vertolk, is ’n man van vele talente. Vir die roerende episode waarin Lee-Roy en Wesley (Craig Adriaanse) getrou het, het Roberto die trouliedjie geskryf én gesing.
Untitled design

Waar het die inspirasie vandaan gekom?

Die inspirasie vir die song kom vanuit die struikelblokke waardeur Wesley en Lee-Roy gegaan het om tot op die punt te kom waar hulle hulself tans in die storielyn bevind. Hierdie twee karakters is (in my opinie) ’n refleksie van die ongelooflike journey waardeur die queer gemeenskap gaan om gesien en aanvaar te word vir wie en wat hulle is. Maar ook die journey waardeur queer couples moet gaan om hulle liefde vir mekaar te kan wys. Ek wou iets spesiaal skryf wat op een of ander manier hierdie acknowledge.

Waar en hoe het jy die liedjie geskryf?

Ek was in die Paarl by my ma se huis. Ek was op ’n chord-progression app om die chords uit te figure en toe skryf ek die lirieke.  

Hoe lank het die toneel geneem om op te neem?

Die troue is oor twee dae geskiet. Die toneel waar Lee vir Wes sing, het omtrent ‘n uur geneem.  

Wat dink jy beteken die troue vir kykers?

Ek dink daar was ’n collective appreciation vanaf nie net die queer gemeenskap nie, maar van die land in geheel. Dit was ’n groot wen vir almal.

Wat was vir jou die hoogpunt van die troue?

Die hele troue was ’n hoogtepunt. Ek dink dit was ’n hoogtepunt in my loopbaan. Toe ek jonk was, was queer representation in die bedryf nie visible of accurate nie. I longed for this type of representation – until I became it!

Bly Wen 

Die liefde is ingelooflik mooi
As iemand dit saam met jou kan bou
Vingers gekruis en my oë opgebou 
Op ń toekoms waarin ek jou styf vashou 

Hier is ek
Saam met jou
Sê jy wil drome saam met my bou 
Die toekoms is al wat my hart wil ken 
Saam sal ons liefde aanhou bly wen. 

Aanhou bly wen 
Aanhou bly wen 

Sonder twyfel het jy my kon red 
Sonder vrees het ons saam gesê 
Maak nie saam die donker en smart 
Saam sal ons staan ongeag wat

Hier is ek 
saam met jou
Sê jy wil drome saam met my bou
Die toekoms is al wat my hart wil ken 
Saam sal ons liefde aanhou bly wen 

Aanhou bly wen 
Aanhou bly wen