Logo
MMF

Maak my famous: Emo Adams gebruik twee van sy Emo tickets!

Nuus
14 Mei 2020
Die talent was weer volop in gisteraand se episode van Maak my famous. Dit was die derde episode van kykNET se gewilde talentkompetisie en een ding is verseker – die gehoor het ’n moeilike taak gehad!
MMF Nuusbrief Emo Article

Kykers was ook verlig dat aanbieder Emo Adams sy Emo ticket gebruik het, maar nie net het hy een gebruik nie, hy het twee deelnemers gered!

Kykers sal onthou dat Emo nie verlede week sy Emo ticket gebruik het nie.  

Die gelukkige Emo ticket-wenners is Nolene Spinks (Spinksie) van Port Elizabeth en Daylin Sass van Kaapstad.

“Ek wens ek het nog Emo tickets gehad, want daar is nog twee talente wat ek graag wou saamvat. Maar dit was impossible en ek moes ’n keuse maak. Riaan Strydom was een van hulle. Daar was net iets oor sy energy!” sê Emo.

Hier is die vyf deelnemers wat deurgedring het na die Top 20.

 

SANG (DAMES)

Nicoleen Saal (20), Ocean View

“Dit was so  ongelooflik dat ek my trane nie kon beheer nie. Ons kategorie was verskriklik tough en ek is baie dankbaar vir die gehoor wat die potential in my gesien het,” sê Nicoleen.

GROEPE EN RYMKLETSERS

Reggie B (24), Rawsonville

“Eerstens om te hoor of jou naam geroep word is baie nerve wrecking, al wat ek wou hoor is my naam “Reggie B” maar toe roep Emo die naam “Kolletjie I”. Ek was lam, opgewonde en kon nie wag om my ma te bel nie. Maar, om deur te gaan na die Top 20 het my weer ’n geleentheid gegee om te wys wat meer in my steek,” sê Reggie B.

SPESIALITEIT

Riché Koopman (18), Kraaifontein

“Dit was rêrig amazing honestly , maar ek het dit ook nie verwag nie. En om te dink, nou kan ek weer die mense sien met wie ek so close geraak het! Ek is dankbaar!” sê Riche.

SANG (MANS)

Gideon Lottering (G.Notes) (34), George

“Dit voel rêrig ongelooflik en nogsteeds so onwaar om deel te wees van die Top 20. Ek onthou dit nog soos gister toe Emo my gebel het om te sê dat ek deel is van die 48 talente uit 8000 plus auditions en nou is daar alweer net 20 oor. God is goed! Ek is nou soveel meer positief en gemotiveerd om die kompetisie verder aan te pak ek sien baie uit vir wat vorentoe gaan gebeur,” sê Gideon.

EMO TICKETS

Nolene Spinks (Spinksie) (18), Port Elizabeth

“Ek is beyond dankbaar om Emo se Emo ticket te kon kry. Die geleentheid is onbeskryflik groot en ek gaan my beste doen in die Top 20. Steeds voel dit onwerklik, maar ek het baie om te bewys. Big things are coming!” sê Nolene.

Daylin Sass (21), Hanover Park

“Om as een van die 48 uit meer as 8 000 inskrywings gekies te word, is reeds ’n big deal, so om vir die Top 20 gekies te word is selfs groter. Dit beteken ek moet harder werk. Dit was ’n nerve wrecking episode en om deur Emo gekies te word, beteken so baie vir my! Ek het besef ek het soveel om voor dankbaar te wees,” sê Daylin.

 

Moenie vergeet om volgende week in te skakel om te kyk wie nog deurdring na die Top 20 nie!

 

Maak my famous word elke Woensdag om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET & kie uitgesaai.