Logo

Emo Adams soek lugvennote vir die splinternuwe sangprogram, “Oppi noot”

Nuus
04 Januarie 2024
"Oppi noot" is kykNET se splinternuwe musiekspeletjiesprogram waarin sangers aan vermaaklike sang gebaseerde uitdagings deelneem. Emo Adams is tans op soek na kykers wat gekies sal word om as lugvennote aan die program deel te neem, wat geld wen gebaseer op hoe die sangers in die program vaar.
Oppi noot

"Oppi noot" is kykNET se splinternuwe musiekspeletjiesprogram waarin sangers aan vermaaklike sang gebaseerde uitdagings deelneem. 

Drie gelukkige kykers gaan elke week gekies word om as lugvennote aan die program deel te neem. Lugvennote wen geld gebaseer op hoe die sangers in die program vaar.

In elke program is daar vyf lukraak geselekteerde kykers. Elke program begin met die aand se sangers wat elk ‘n liedjie se vers sing. Die eerste drie uit die vyf kykers wat die liedjies korrek kan identifiseer word dan gekies as daardie program se lugvennote. En die beste van alles is jy hoef nie eers jou sitkamer te verlaat nie!

As lugvennoot, is jy verbind aan die sanger wie se liedjietitel jy korrek geïdentifiseer het. Jy wen dan ‘n bedrag geld afhangend van of jou sanger eerste, tweede of derde plek in die program behaal het. Maar wen sal jy wen!

As jy ‘n kans wil staan om een van die gelukkige kykers te wees wat vanuit jou sitkamer duisende rande as ‘n lugvennoot op die program kan wen, stuur ‘n video opname waarin jy jouself voorstel (naam, ouderdom, woongebied) via Whatsapp aan 072 511 2986.

Hierdie een wil jy nie misloop nie!