Logo
Kokkedoor

Kameraadskap in die kombuis – Kokkedoor 3

Nuus
10 Oktober 2019
Die Kokkedoor-kombuis het ’n ewige kook-familie geskep.
Kameraadskap Cover

Die tyd het so vinnig verloop! Dit voel asof dit maar net gister was toe die Kokkedoor-kombuis propvol skarrelende hoopvolles was. Voordat ons, ons oë kon uitvee, was daar toe net twee spanne oor wat veg vir die Kokkedoor-troon. Ten spyte van dié kort tyd, het die deelnemers, beoordelaars en sélfs die kykers opgemerk dat die kompetisie ewige vriendskappe geskep het.

1570714903 34 vriendskap

 

Die liefde was veral gesien toe al die seisoen-drie deelnemers terug gekom het om die finaliste te help met hulle laaste uitdaging. Die bekende gesigte het saam met Pasch, Wilhelmina, Sonja en Anmar in die kombuis gesweet om vir oulaas die heerlikste onthou-geregte te bedien. Dit was seker nie só groot van ’n verassing nie omdat die beoordelaar, Hetta van Deventer-Terblanche, altyd genoem het dat kook dit regkry om mense van verskillende agtergronde saam te bring.

LEES OOK: SONDAGMIDDAGETES IS VIR GELIEFDES

Soos ons gedurende die seisoen gesien het, was liefde en gladde spanwerk nie iets wat natuurlik aangekom het nie. Kykers kan onthou dat daar soms bietjie spanning was tussen spanne soos William en Sonja, Ralph en Anmar en Annelize en Zelda.

LEES OOK: WILLIAM EN SONJA SE KONFLIK-BELAAIDE VERHOUDING

Ten spyte van die bittermin oomblikke van konflik, sal ons altyd die derde seisoen as een van lag en liefde onthou. Dink aan die lekker tye tussen Danie en Mariana, die ‘bromance’ tussen Ralph en Pieter én Anmar se respek vir haar spanmaat, Sonja, se veggees. Selfs die wenspan het bewys dat samewerking miskien die immer ontwykende Goue Middeweg was.

1570715383 34 final friendship  1

 

Die Kokkedoor-pret hoef nie nóú te eindig nie- jy kan nóg eklusiewe Kokkedoor-inhoud op die amptelike blad kry.