Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Beesfillet gebak in sout – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
17 Augustus 2023
Hier is hoe jy Herman Lensing se heerlike Beesfillet gebak in sout self kan voorberei!
Hitte met herman

Genoeg vir 4-6

Wat jy benodig:

  • kole vir braai
  • 2 m melkdoek
  • 500 ml rooiwyn
  • 2 kg growwe sout
  • 1 groot beesfillet
  • 1 hand vol roosmaryn

Hoe jy dit doen:

Kry kole warm vir braai - jy soek mengsel van warm en rooi warm kole. Week melkdoek in rooiwyn en rol oop op werkvlak. Sprinkel melkdoekruim met growwe sout - dit moet sowat 1 cm dik lê. Plaas beesfillet op melkdoek en pak roosmaryn bo-op. Rol fillet toe in meldoek en sorg dat sout die hele fillet bedek. Knoop toie met tou. Plaas hele storie direk in kole en bedek bo-kant van doek ook met kole. Laat in kole "braai" vir 30 minute. Laat rus vir 10 minute. Breek sout oop en haal fillet uit. Sit voor met sous van jou keuse.

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dit doen!