Logo
enuus slim
web uni tv guide

eNuus

144NuusprogramPG13

eNuus-bulletin deur COVID-19 geraak

Nuus
27 Junie 2020
Lees meer.
Untitled design (31)

JOHANNESBURG - eNCA kan bevestig dat ’n personeellid positief getoets het vir COVID-19. Dit het ’n direkte impak op die daaglikse eNuus-bulletin wat om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai word. Vanaand se eNuus-bulletin sal gevolglik nie ’n oorsig van die dag se nuusgebeure bied nie. ’n Vooraf opgeneemde bulletin wat ’n oorsig van onlangse nuusgebeure bied, sal wel op albei kanale uitgesaai word.

As ‘n voorsorgmaatreël is redaksielede wat vir die eNuus-bulletin verantwoordelik is, gevra om tuis te bly terwyl die maatskappy die nuuskantoor diepskoonmaak. Geen lid van die eNuus-redaksie het direkte kontak met die betrokke personeellid gehad nie.

Die maatskappy onderneem tans ’n opsporingsproses om vas te stel watter personneellede moontlik vir COVID-19-toetse gestuur moet word.

eNCA monitor voortdurend die gesondheid van enige personeellede wat moontlik deur hierdie situasie geraak kan word.

eNuus word elke aand om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.