Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13

eNuus nou ook op kykNET Lekker

Nuus
30 Oktober 2020
eNuus is sedert 2010 ‘n deel van kykNET en roem hulself daarop dat hulle die eerste onafhanklike nuusbulletin in Afrikaans is.
Untitled design

Nou is daar goeie nuus vir kykNET Lekker-kykers: eNuus is van 1 November deel van die programskedule op dié kanaal.

eNuus, wat die eerste keer op 18 Julie 2010 op kykNET uitgesaai is, dek Suid-Afrikaanse en internasionale nuus, die nuutste sportnuus, asook alles wat jy moet weet van die weer in jou streek. Onder die bekwame leiding van ‘n ingeligte span joernaliste en aanbieders, is eNuus een van die beste nuusprogramme in Afrikaans.

kykNET Lekker, wat reeds bestaande kykNET-inhoud uitsaai, is sedert 9 Maart vanjaar op DStv-kanaal 148 beskikbaar. Dit is ook deel van die DStv Access-pakket en het aangesluit by 70 ander kanale soos TLC, Supersport Blitz, CBS Reality en The Home Channel. DStv Access is, teen R110 per maand, die goedkoopste van die DStv-pakkette.

Met die bekendstelling van kykNET Lekker het Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale gesê: “kykNET Lekker sluit aan by die ander kykNET-kanale om Afrikaanse inhoud bekostigbaar en toeganklik aan DStv-inteknare te bied.”

Met die toevoeging van eNuus, wat weekliks om 19:00 ook op kykNET en kykNET & Kie uitgesaai word, het kykNET Lekker nog ‘n juweel in sy (bekostigbare) kroon gekry.