Logo
web uni tv guide

Die Groot Ontbyt

144AktualiteitPG

Nuwe tydsgleuwe vir kykNET aktuele programme

Nuus
04 Julie 2022
Vind meer uit.
In gesprek

Dit was nog altyd vir kykNET, DStv-kanaal 144, belangrik dat kykers op hoogte moet bly van die jongste nuusgebeure, aktuele kwessies, welstand en entrepreneurskap-tendense. Daarom is daar daagliks op dié kanaal aktuele programme om juis dít te doen, en in Julie is ’n paar veranderinge aangebring.

kykNET se aktuele aanbod sal vanaf 4 Julie as volg uitsaai:

  • Weeksdae skop om 05:30 af met GROOTplaas wat op landbou fokus.
  • Die GROOT Ontbyt volg om 06:00 met byna ’n uur se nuus, koerantbesprekings, sportnuus en die weer, asook leefstylinsette.
  • eNuus hou saans kykers sewe dae ’n week op hoogte van plaaslike en internasionale nuus.
  • Vanaf 21 Julie maak die splinternuwe nuusprogram Wie’s Nuus? met Netwerk24 sy buiging om 21:00. Dit is ’n verskeidenheid nuusprogram en sal fokus op die nuusmakers wat die opskrifte gehaal het. Die aanbieder is Mia Spies.
  • In Gesprek met Lourensa Eckard as aanbieder word Maandae om 20:30 uitgesaai.
  • Prontuit, met Kabous Meiring aan die stuur, skuif na Dinsdae om 21:00.
  • Spreekkamer, met Suzaan Steyn as aanbieder, is steeds Maandae om 17:30 op lug.
  • Winslyn, aangebied deur Divan Botha, word Donderdae om 17:30 uitgesaai.
  • kykNET&kie (DStv-kanaal 145) se vlagskip-program oor die sake van die dag, Kô, lat ons praat, word vanaf 3 Julie Sondagaande om 19:30 uitgesaai.