Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Kolonkanker – meer algemeen as wat jy dink

Nuus
09 September 2019
Wees ingelig.
Binnelanders 2

Kolonkanker, ook bekend as kolorektale kanker, is ’n tipe kanker in die dikderm of rektum (dele van die kolon). Dit kom meer algemeen voor as baie ander tipe kanker – dis onder die top-5 algemeenste tipe kankers onder beide mans en vroue.

Volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) word daar beraam dat een uit elke 97 mans en een uit elke 162 vroue kolonkanker in hul leeftyd sal kry. Hoewel dit dodelik is, is daar behandeling daarvoor beskikbaar en deur ’n paar leefstylveranderinge, kan jy jou kanse om dit te kry verminder.

Leefstylfaktore wat jou kanse verhoog

  • Oorgewig
  • Lae vrugte- en groente-inname
  • ’n Gebrek aan gereelde oefening
  • ’n Dieet wat laag in vesel en hoog in vet is

Tekens en simptome

  • Abdominale ongemak (krampe/gas/pyn)
  • Onverklaarbare gewigsverlies
  • Rektale bloeding
  • Verandering in dermgewoontes (soos hardlywigheid of diaree)
  • Gevoel dat die derm nie volledige ontledig is nie

Behandeling

  • Die behandeling hang af hoe ver die kolonkanker gevorder is. Behandeling kan chirurgie (om ’n deel van die derm te verwyder), bestraling, chemoterapie of ’n kombinasie hiervan insluit.

Verlaag jou risiko só

  • Gaan gereeld vir ’n kolon-siftingstoets, soos ’n kolonoskopie of sigmoïdoskopie vanaf die ouderdom van 50 jaar (of vroeër as daar ’n familiegeskiedenis van kolorektale poliepe en/of kanker het
  • Eet ’n gesonde dieet, wat genoeg water en vesel insluit
  • Maak oefening deel van jou daaglikse leefstyl
  • Handhaaf ’n gesonde gewig
  • Moenie rook nie

Vir meer inligting, besoek www.cansa.org.za