Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Rian en Pippa

Nuus
23 Mei 2015
Vandeesweek op Binnelanders aanvaar At ’n uitdaging, en Rian besluit hy gaan nie tou opgooi nie.
ep1083-1
Vandeesweek op Binnelanders aanvaar At ’n uitdaging, en Rian besluit hy gaan nie tou opgooi nie.

Rian is rasend van kommer oor Pippa. Later maak Pippa ’n skok-aantyging, en Daleen vra Christiaan om met Rian te gesels.

Die Du Preez-broers bespreek die nuwe mediese kopseer, en Jana moet weer van vooraf keer dat een van haar seuns die hasepad kies. Boonop dink Jana sy weet wat met At aan die gang is – met verrykende gevolge vir haarself. Daar is verder vrae oor Ivanka, en iemand verkeer skielik in erge pyn…

Dit wil voorkom of ’n huwelik in die krisis gaan sneuwel.

Binnelanders is weeksaande om 18:30 op die kassie.