Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Vat jou goed en trek: Henck se wenke - Episode 3

Nuus
25 Julie 2022
Ligte kleure kan ’n kamer groter laat lyk. Vind meer uit.
Vat jou goed en trek

Henck Conrey, die aanbieder van Vat jou goed en trek en ’n dekorkenner, verduidelik hoe hy in die derde episode van die seisoen ’n huis in Silverlakes, Pretoria ’n nuwe voorkoms gegee het.

Wat was die eienaars se opdrag aan jou?

René en haar man, Barend, het self die huis in fases gebou tot die vierslaapkamerhuis wat dit vandag is. Hulle voel dit is nou tyd vir ’n verandering en wil óf verkoop óf die huis oordoen. Die area wat hulle graag aandag wou aan gee, is hulle oudste dogter, Marlene, se slaapkamer. Dit was eens op ’n tyd die hoofslaapkamer, maar met die aanbou het dit hulle dogter se kamer geword. Marlene is op universiteit en René voel die kamer kort aandag aangesien dit nie by die styl van die res van die huis pas nie.

Wat is die nuwe neigings wat julle met hierdie projek gebruik het?

  • Die kamer het ’n donkerblou-fokusmuur gehad. Alhoewel dit treffend is, is dit nie in almal se smaak nie. Die span het besluit om die spasie meer neutraal te maak en het muurpapier gebruik wat steeds eenvoudig lyk, maar tog die kamer tot sy reg laat kom het sonder om alles te oordonder.
  • Die muurpapier wat Candice gekies het, is ligte pienk met ’n eenvoudige patroon. Die wonderlike ding van muurpapier is dat die muur gewas kan word en die muurpapier nie beskadig sal word nie.
  • Deur muurpapier te gebruik, kan mens ’n spasie geheel en al verander. Kry egter iemand professioneel om dit vir jou te kom plak en verseker so dat jy die beste resultaat kry. Indien jy egter dit self wil doen, berei die muur as volg voor:
  • vul alle gaatjies en skuur oneweredige dele glad;
  • maak die muur skoon deur dit af te was en wag dan tot dit droog word;
  • plaas die muurpapier teen die muur en indien daar ’n patroon op die muurpapier is, maak seker dat die patrone by die las ooreenstem.
  • Ons het die muurpapier oor die donkerblou-fokusmuur geplak en het eers ’n raam om die muur geverf met dieselfde kleur as die muurpapier om seker te maak dat daar geen blou wys nie.
  • Dekor: Deur gebruik te maak van ligte kleure, het ons die kamer groter laat lyk. Ons het ook die pienk van die muurpapier in die dekor deurgetrek met elemente soos kussings en blomme.

LEES OOK: Henck se wenke - Episode 2

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Jy kan ook jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.