Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Vat jou goed en trek: Die Wieses is die wenners!

Nuus
30 September 2022
'Ná elke Vat jou goed en trek wat ek kyk, het ek die grootste begeerte om daardie warm huis gevoel in ons huis te beleef', het die kyker in haar wenbrief geskryf.
Vat jou en trek Natasha en Hein Wiese

Om Vat jou goed en trek se 100ste episode te vier, is ’n kompetisie gehou waar een kykNET-kykers ’n oormaaksessie in hulle huis kon wen.

Wie sal nee sê wanneer die span van Vat jou goed en trek hulle towerwand in jou huis kom swaai? Ná daar deur ’n magdom inskrywings gegaan het, het Henck en Candice van die gewilde huisoormaak-program uiteindelik besluit dat die Wieses van Kemptonpark die waardige wenners is.

Natasha en Hein Wiese het mekaar in 2010 in Potchefstroom ontmoet en is in 2014 getroud. Hulle is ouers van Anacha (15) en Chanvante (9) en woon sedert November 2017 in hulle huis in Kemptonpark.

“Ons is baie gelukkig getroud en glo die Here het ons vir mekaar as lewensmaats gekies,” het Natasha in haar inskrywing geskryf. “Ek en Hein streef elke dag daarna om as gesin aan ’n suksesvolle lewe te bou en die beste moontlik vir ons kinders te gee en doen.”

Natasha is ’n tuisteskepper en sê dit is ’n voorreg om in die middae voltyds ma vir haar twee dogters te wees. Hein werk die afgelope 13 jaar as verkoopsverteenwoordiger en stel altyd sy kinders se behoeftes bo sy eie. “Hy is baie hardwerkend en pligsgetrou en sy onvoorwaardelike liefde en bystand is die gom wat ons gesin bymekaar hou,” het Natasha geskryf.

Sy sê hulle sal nie Kemptonpark sommer vir ’n ander plek verruil nie. “Vandat ons ons huis gekoop het, is ons besig om aan te bou en op te gradeer soos ons finansies dit toelaat. Dit is vir ons belangrik dat ons kinders gelukkig en veilig voel.”

Die Wieses het die kompetisie ingeskryf omdat hulle graag Henck en sy span se “magic” in hulle huis wou ervaar. “Ek is mal oor dekor, maar weet nie altyd hoe om alles bymekaar te bring nie,” sê Natasha. “Dit wat Candice regkry met haar ongelooflike talent, is vir my ’n groot inspirasie. Ná elke Vat jou goed en trek wat ek kyk, het ek die grootste begeerte om daardie “warm huis gevoel” in ons huis te beleef.

Die Vat jou goed en trek-span het besluit om die Wieses se hoofslaapkamer 'n nuwe gesig te gee aangesien dit die vertrek is wat nog nie opgeknap is nie. “Natasha hou van ’n warm gevoel in ’n spasie en voel haar slaapkamer is koud en onpersoonlik,” verduidelik Henck.

Die span het besluit om muurpapier as fokuspunt agter die kopstuk van die bed te gebruik en nuwe blindings is geïnstalleer. Die mure is beige geverf om die vloerteëls te komplimenteer. Om spasie optimaal te benut, is hangkassies aan weerskante van die bed gebruik. Die gevolg is ’n warm, intieme slaapkamer wat sag voorkom en waar baie natuurlike lig van buite die kamer inspoel.

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Dit is ook beskikbaar op Catch Up. Jy kan jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.