Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Oktober kykgenot op kykNET

Nuus
23 September 2021
Oktober is nie net propvol splinternuwe reekse nie, maar ook nuwe seisoene van programme wat al by kykers sinoniem is met kykgenot.
AFP Artikel

Glam Guru keer terug vir 21ste seisoen

Die gewilde skoonheid- en modeghoeroe Hannon Bothma is in Oktober terug op kykNET wanneer die 21ste seisoen van Glam Guru begin. Hannon, wie al van 2008 een van kykNET se bekendste gesigte is, se gewilde voorkomstransformasies met die gepaardgaande wenke beloof om weer inspirasie vir elke vrou te bied en lewenslus aan te vuur.

In Glam Guru neem Hannon ook die huidige kwessies en uitdagings in gedagte, wat beteken dit is nie net ‘n program wat vermaak nie, maar ook hoop gee. Hannon gaan ook weer kykers met sy pittige sê-goed  bekoor.

Glam Guru begin Sondag 3 Oktober om 17:30 op kykNET.

Henck en sy span is terug in Vat jou goed en trek

Die realiteitsprogram Vat jou goed en trek, is terug met ’n sewende seisoen! Die Vat Jou Goed en Trek-span help 13 families om binne 72 uur die waardes van hul eiendomme te lig en hul huise te verkoop. Hierdie seisoen is aanbieder Henck Conrey se hooffokus om kykers meer oor die verkoopproses te leer.  

“Kykers kan uitkyk na wenke van wat hulle by hul eiendom moet doen indien hulle wil verkoop en watter slaggate hulle moet vermy. Dis tans ’n kopersmark, maar dit beteken nie dat jy nie jou eiendom nou moet verkoop nie. Ons lei die seisoen ons deelnemers om die beste waarde vir hul grootste bate te kry en ek hoop die res van Suid-Afrika kan ook daarby baatvind,” sê Henck.

Vat jou goed en trek begin Dinsdag 5 Oktober om 17:00 op kykNET.

La’t Wiel vat ons in die toekoms met nuwe seisoen

kykNET se opwindende motorprogram, La’t Wiel, keer terug na die kassie met ’n nuwe seisoen waar daar na elektriese motors as die toekoms gekyk word. Daar word weer na beeldskone plekke gereis word, motorbekendstellings op ’n eiesoortige manier bywoon en die verskeidenheid motors op die rak, word fyn van nader bekyk.

In die nuwe seisoen vat die La’t Wiel-span ook die langpad deur die land op die mooiste paaie en passe. Hulle vertel ook die storie van die mees ikoniese motorwedren op Afrika. Motos wat getoets word sluit in Mercedes E300, die kortbak Defender, BMW se nuutste M3 en M5 se Competition Pack weergawes. En die Volvo se XC40 beïndruk steeds.

La’t Wiel begin Dinsdag 5 Oktober om 17:30 op kykNET

Dankie, Lottoland gee terug in nóg 'n seisoen

In die derde reeks van Dankie, Lottoland, gaan bekendes soos Gideon Lombard, Cordelia, Ricky Schroeder, Caroline-Grace Brüssow, André Schwartz en Armand Aucamp, moue op rol hulpbehoewende individue en liefdadigheidsorganisasies te help. Soos met die vorige twee seisoene gaan hierdie gewilde kykNET-reeks weer 13 instansies of mense, wat in nood is, ondersteun met skenkings, hulpbronne en blootstelling. In elke episode kry ’n bekende persoonlikheid die geleentheid om die liefdadigheidsorganisasie of projek wat hul die naaste aan die hart lê, te nomineer. Daar word ondersoek ingestel oor wat broodnodig is en waarmee Dankie, Lottoland kan help, en dan spring die span aan die werk. 

Dankie, Lottoland begin 2 Oktober en is Saterdae, 18:00.