Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Laat jou eiendom vir jou werk – Vat jou goed en trek

Nuus
09 September 2022
Henck Conrey gee wenke vir hoe jy jou tuinwoonstel se spasie optimaal kan benut.
Vat jou goed en trek tuinwoonstel

In episode 10 van Vat jou goed en trek word ’n tuinwoonstel tot sy volle reg gebring. Die aanbieder Henck Conrey verduidelik hoe die span te werk gegaan het.

Stefanie en Niedruk is op pad om Australië hulle nuwe tuiste te maak en hulle huis in Pretoria moet verkoop word. Die Vat jou goed en trek-span identifiseer die tuinwoonstel as die area wat opgeknap moet word aangesien die spasie 'n seer oog is. Maar die spasie is 'n groot aanwins vir voornemende kopers aangesien hulle 'n passiewe inkomste kan verdien deur die spasie uit te verhuur.

Die woonstel het een slaapkamer met 'n badkamer en 'n kombuis. Die woonstel het sy eie ingang en hek wat dit onafhanklik van die hoofhuis maak. Die woonstel was voorheen 'n motorhuis en dus is die afwerking redelik rof.

Die span het 'n nuwe plafon ingesit en ekstra lig ingebring met nog ligte in die dak. Die mure is gepleister en die Warriors of Construction het die mure wit geverf om die spasie groter en skoner te laat vertoon. Die span het ook die uitleg van die vertrek verander om die spasie beter te benut en het meubels gebruik wat beter in die spasie pas.

Wenke om 'n tuinwoonstel te versier:

  • Maak seker jy benut die spasie optimaal. 'n Tuinwoonstel is gewoonlik klein en dit is dus baie belangrik om van elke deel van die spasie gebruik te maak.
  • Wees kreatief met jou pakplek. Kies meubels wat ook as pakplek benut kan word en raak so ontslae van onnodige wanorde.
  • Wees bewus van jou kleurskema. Beweeg weg van bont, helder kleure wat die spasie kleiner kan laat lyk. Bly by ligte kleure, soos wit, teen die mure en wanneer dit by meubels kom.
  • Hou privaatheid in gedagte wanneer jy die tuinwoonstel uitlê. Nie die eienaar of die huurder wil te veel in mekaar se geselskap wees nie. Indien moontlik, is 'n aparte ingang na die woonstel dus 'n groot pluspunt vir beide die huurder en die eienaar.
  • Komplimenteer die argitektuur en kleurskema van die hoofhuis indien jy 'n tuinwoonstel wil aanbou.
  • Bou jou tuinwoonstel met 'n aansig na noord vir skadu in die somer en sonlig in die winter.
  • Gebruik hoë plafonne om vertrekke so koel as moontlik te hou.
  • Moenie aanneem dat jy kleiner meubelstukke moet gebruik nie. Hou net die uitleg van die woonstel in gedagte en bly weg van onnodige meubelstukke.

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Jy kan ook jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.