Logo

Storiefilm-hoogtepunte volop in Februarie

Nuus
29 Januarie 2021
Agt splinternuwe Storiefilms is in Februarie op kykNET te sien.
Storiefilms

Met van die grootste name soos Sandra Prinsloo, Amanda Strydom, Chris van Niekerk en Marion Holm voor die kamera en dinamiese talent soos Tinarie Van Wyk Loots en Philip Rademeyer agter die skerms, beloof dit om by te dra tot die groeiende skat van Afrikaanse rolprente.

Tannie Elsie
3 Februarie om 20:00

Tannie Elsie is onmoontlik. Haar kinders het haar tien jaar tevore by die aftree-oord afgelaai en vandag is sy by verre die stoutste en die grootstel rebel. Met Antoinette Kellerman, Esther von Waltsleben, Ira Blanckenberg, Stian Bam en Hannes Brümmer. Die regisseur is Ben Heyns.

Paardebloem
7 Februarie om 20:00

‘n Weduwee besef sy is swanger en op haar ouderdom word sy forseer om alles in haar lewe te heroorweeg. Met Marion Holm en Albert Pretorius en regie deur Tinarie Van Wyk Loots.

Tjops vir brekvis
10 Februarie om 20:00

Boeta van der Spuy tel die dae tot die familie se bootvaart na Mauritius, maar wanneer die pandemie toeslaan, moet hy ander planne maak. Die antwoord: ‘n Kampeerwa en ‘n mini-vakansie by ‘n waterpark in Krugersdorp. Met Phillip Moolman en Dorette Potgieter en regie deur Duan Wanty.

Nommer 54
14 Februarie om 20:00
Die Malherbes wil die tradisie van ‘n vakansie by die see laat voortleef, maar niks en niemand is meer dieselfde nie. Nou is die tyd om op te staan vir dit wat vir hulle belangrik is. Met Marion Holm, Chris van Niekerk, Amalia Uys en Ludwig Binge. Die regisseur is Jaco Nothnagel.

Twee, een
19 Februarie om 21:00
‘n Man gaan sien ‘n sielkundige ná ‘n romanse hom byna ontspoor, maar dieselfde gebeure word nie noodwendig eenders onthou nie. Met Jacques Bessenger, Sandra Prinsloo en Emile Hager en regie deur Philip Rademeyer.

Kranksinnig
21 Februarie om 20:00


 

‘n Komedie oor ‘n eensame vrou wat vasgevang voel in die tehuis vir bejaardes waar sy woon en enigiets sal doen om te ontsnap. ‘n Onbekwame dokter wil haar egter kranksinnig laat verklaar. Met Amanda Strydom en Karen Retief en regie deur André Velts.

Ander
26 Februarie om 21:00
‘n Jong transgender vrou word gekonfronteer met haar identiteit en die uitdaging om haarself te aanvaar. Met Lee-Ann van Rooi, Vinette Ebrahim en Caleb Felix en regie deur Baz Pinini.

Sousie
28 Februarie om 20:00
Gershwin se lewe is ‘n gemors. Hy weet nie wanneer dit so geword het nie of waar dit begin lostorring het nie, maar gelukkig vir hom kan hy iets doen wat ander nie kan nie – hy kan terugaan in tyd. Met Dean Smith, Eldon van der Merwe en Megan Saayman. Die regisseur is SW Strauss.

Kyk hierdie en nog storiefilms op kykNET, kanaal 144, of vang op op DStv Catch Up.