Logo

Storiefilms in Desember op kykNET en fliekNET

Nuus
29 November 2021
Kykers word hierdie vakansie bederf met Storiefilms op beide kykNET en fliekNET.
Storiefilms hierdie Desember 2021

Skakel Sondae 20:00 op fliekNET en Woensdae 21:00 op kykNET in vir ‘n verskeidenheid van TV-flieks.

Brompot
Woensdag 15 Desember 21:00 op kykNET
Sondag 19 Desember 20:00 op fliekNET

Bert Spies is gewoonlik die antwoord wanneer jy enige iemand vra wat hom ken. Bert het vroeg in die lewe besluit dis hopeloos te veel moeite om gelukkig te wees en meeste van die tyd in elk geval net ’n teleurstelling. Wanneer jy ongelukkig is, is daar geen verwagting van iets beter nie. Jy weet wat jy kry. Bert se lewe maak vir hom sin. Ander sien hom as knorrig en ongeskik. Hy sien dit as hulle probleem en nie syne nie. Wanneer Bert se gesondheid vir hom ’n ander deuntjie sing en die dokter se raad is dat hy gelukkiger gaan móét wees het Bert geen ander keuse as om na die dokter te luister nie. Bert moet vriendelik wees, al is dit hoe moeilik vir hom. Sy noodgedwonge soeke na geluk lei hom op ’n avontuur, wat aan die anderkant wag verras vir Bert. Wie sou kon dink ’n glimlag kan soveel vreugde bring? Nie Bert Spies nie. Maar hier is hy nou en die glimlag op sy gesig weier om weg te gaan. Om eerlik te wees, geniet hy dit nogal. Televisiefilm.

Hardegat
Woensdag 22 Desember 21:00 op kykNET
Sondag 26 Desember 20:00 op fliekNET

Bert Spies het geproe hoe dit proe om gelukkig te wees en nou wil hy nooit weer anders voel nie. Bert het aanbeweeg, maar die verlede het ’n vreemde manier om jou in te haal wanneer jy op jou gelukkigste is. Wanneer Bert se onvergenoegde tiener kleinseun Drikus voor sy deur staan word Bert gekonfronteer met die persoon van wie hy weg beweeg het. Bert dink hy kan vinnig sy kleinseun regruk, hy weet mos hoe om gelukkig te wees.

Poena & Poenie
Woensdag 29 Desember 21:00 op kykNET

As iets te goed om waar te wees dan is dit gewoonlik. Poena en Poenie kry uit die bloute ’n aanbod om op ’n luukse plesierboot te gaan sing en werk. Die “Floating Princess”, lê ge-anker in OosLonden se hawe vir routine maintenance. Poenie is die handyman wat
drie weke het om die job-lys klaar te maak en Poena die sanger wat die gaste moet vermaak.

Langnaweek 1
Woensdag 5 Januarie 21:00 op kykNET

Al Lenke se vorige verhoudings is rampspoedig beëindig en haar gesin is bekommerd oor die feit dat sy so "alleen" is. Die gesin leer vinnig dat selfstandige Lenke van plan is om ma te word - op haar eie. Dis egter wanneer Lenke dit die minste verwag, dat sy werklik geluk vind.

Sondae 20:00 op fliekNET

Magda Louw
Sondag 5 Desember 20:00

Magda moet by die ginekoloog uitkom vir haar jaarlikse ondersoek. 'n Tong-in-die-kies kykie in die lewe van 'n middeljarige Afrikaanse vrou.

Ouboet
Sondag 12 Desember 20:00

Neels (Ouboet) van Tonder, welbekende karakter van “Orkney Snork Nie” faam is die hoof karakter in ons gesins vriendelike komedie film. Ouboet is nog steeds ’n diesel werktuigkundige by die myn op Orkney, en werk gewoonlik bo-gronds maar bevind hom nou in die allergrootse penarie. Hy moes noodgedwonge af in die myn om ’n lokomotief te diens en as gevolg van ’n aardskudding is hy nou vasgekeer.

Poena & Poenie
Sondag 2 Januarie 20:00

As iets te goed om waar te wees dan is dit gewoonlik. Poena en Poenie kry uit die bloute ’n aanbod om op ’n luukse plesierboot te gaan sing en werk. Die “Floating Princess”, lê ge-anker in Oos-Londen se hawe vir roetine-ondersoek. Poenie is die handyman wat drie weke het om die job-lys klaar te maak en Poena die sanger wat die gaste moet vermaak. Wat Spider, wat vir hulle die werk reël, egter nie noem nie is dat die boot aan die Bulgaarse mafia behoort...