Logo

Molly en Wors - Lokprent

Video
16 Desember

Die bekende kykNET reeks Molly en Wors, se eie fliek gaan op fliekNET, DStv-kanaal 149 vertoon van die 16 Desember 2022 tot 15 Januarie 2023. Maak seker jy mis nie die manewales van die bekende disfunksionele Visagie-gesin in hulle glorie. Die snaakse Visagie ouers word vertolk deur Liz Meiring tans te siene in Diepe Waters as Molly en Willie Esterhuizen natuurlik as Wors. Van die speelfilms wat op fliekNET te sien gaan wees, sluit onlangse treffers soos Barakat, Toorbos, Kaalgat Karel en Klein Karoo en Klein Karoo II in. Ook op die skedule is gewilde uurlange Storiefilms soos Magda Louw, Die lang, langnaweek en Dija wil ’n baby hê met groot name soos Hannes van Wyk, Quanita Adams, Jacques Bessenger en Amalia Uys in die onderskeie rolverdelings. Klassieke flieks soos Boetie gaan border toe, Tant Ralie se losieshuis, Lokval in Venesië en Lord Oom Piet gaan ook vir genoeg vermaak sorg. Kyk dit nou op DStv: https://bit.ly/2JaLeXL Sluit nou aan om 14 dae verniet Showmax te geniet - https://bit.ly/2V049Hc Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!