Kykers is die afgelope paar maande bederf met ‘n Storiefilm elke Sondagaand op kykNET (DStv-kanaal 144). Die kykgenot duur voort in September, maar van nou af sal dit eksklusief op fliekNET (DStv-kanaal 149) te sien wees.
Ink
Sondag 5 September om 20:00
Met Bouwer Bosch en Kate Roothman
Regisseur: Adri Britz
Wanneer Rosa vir Jamie vra om te trou in ’n tattoewinkel besef sy dat sy nie gereed is om die jawoord te gee nie. En só beland sy by die tattoeëerkunstenaar Mathias se huis.
Palmiet
Sondag 12 September om 20:00
Met Lee-Ann van Rooi en Elton Landrew
Regisseur: Francois Nolte
Wanneer ’n dokter op ’n klein dorpie deur ’n siektetoestand genoop word om sy lewe in heroënskou te neem, vind hy geluk waar hy dit die minste verwag.
Foto’s teen die muur
Sondag 19 September om 20:00
Met Hanli Rolfes en Armand Aucamp
Regisseur: Francois Jacobs
Karli daag met slegte nuus by haar ma, Rita, se huis op – haar broer Darius het gaan bergklim en kan nie gevind word nie. Hy word as dood verklaar.
In die Koninkryk van Korona
Met Pietie Beyers, Jenna Dunster, Joshua Nolte, Susan Coetzer, Pierre Breytenbach, Zane Gillion, Nicela Kriel en PG Mulder
Regisseur: Kaz McFadden
Wanneer Pieter se vrou Covid-19 opdoen, skep hy vir sy seuntjie, Wian, ’n denkbeeldige wêreld om die nare waarheid dat sy ma siek is te verdoesel.
Gaan Pieter en Wian ontnugter word of gaan hulle feëverhaal in ’n sprokie eindig?