Logo

Stem vir jou gunsteling-sepie!

Nuus
27 Februarie 2019
Laat jou stem tel.
SAFTAs Voting Article Billboard 1600 x 640

Die jaarlikse SAFTA-toekennings is om die draai en die toekenning vir gewildste TV-sepie of -telenovela is in die publiek se hande. Dit beteken dat jy jou gunsteling-sepie selfs verder kan ondersteun. As jy dus jou gunsteling-kykNET-sepie wil sien wen, kan jy met behulp van ’n eenvoudige SMS ’n belangrike bydrae maak.

Ons spog vanjaar met drie sepies in hierdie kategorie. Hier is hoe jy kan stem:

SMS slegs die nommer van jou gunsteling sepie/telenovela na 33665.

Suidooster - 2
Binnelanders - 4
Getroud met Rugby - 9

Vind uit of jou kykNET-gunstelinge met ’n SAFTAs-toekenning gaan wegstap deur die hutsmerk #Saftas13 op FacebookTwitter en Instagram te gebruik. Wenners word die 2de Maart aangekondig.