Logo
Binnelanders S13 Slim BB Updated November 2023
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

2024 skop af met groot drama in jou gunsteling sepies en telenovelas

Nuus
02 Januarie 2024
Vind hier uit wat dié maand voorlê in “Binnelanders”, “Diepe Waters”, “Suidooster” en “Arendsvlei”.
Diepe Waters

Binnelanders

Karen vind iets uit wat die wind uit haar seile haal, Delia word opgevreet deur skuldgevoelens, en wanneer Louis iets ondenkbaar oor Naomi se skenker uitvind, probeer hy alles in sy vermoë om haar vrae te ontduik. Henry maak ’n skokkende ontdekking wanneer hy Brian Els se besigheid ondersoek, Elise is terug, en Steve moet vir ’n prosedure gaan – maar hy vermy dit. 



Nicolette is in ’n toestand nadat sy in Binneland opgeneem word, en sy weier dat Steve naby haar kom. Bonnie het haar hande vol met ’n meisie-behepte Uys, Liam is bekommerd oor Karen, en Steve ontvang ontstellende nuus oor sy broer. Naomi kry vreemde drome, Tertius is baie beskermend oor Tracy en haar swangerskap, en Conrad word onkant betrap wanneer Nicolette haar besluit met hom deel.   

Arendsvlei

Dis ’n nuwe jaar en dinge skop behoorlik af in Arendsvlei. Desmond Galant beweeg stadig maar seker nader aan Janice en dit maak haar familie briesend. Desmond en Bompie plant allerhande saadjies in haar kop en sy verkies om hulle te glo - maak nie saak wat hulle sê nie. En dit veroorsaak wrywing in haar verhoudings met haar familie. Soveel so dat sy verkies om nie meer by hulle te bly nie. Lionel gaan ’n meesterplan moet uitdink om weer vir Janice terug te wen. Maar hy moet ook nie vergeet watter mense die Galant’s is nie… 



Ná ’n tawwe paar maande, het Emile eindelik uitgevind wat met Christopher gebeur het. Maar hoe nader hy aan die waarheid gekom het, hoe meer het hy besef dat hy eintlik verlief is op Tereska. Maar dinge raak nou ingewikkeld, want Christopher is terug in die Vlei en Emile weet nie of hy sy geheim moet verklap nie. Dis ’n moeilike situasie want Emile het vir die eerste keer gevoel asof hy deel is van ’n familie met Tereska en Gio en nou is Christopher terug in hulle lewe. Gaan Emile ooit sy gelukkige einde kry? 

Suidooster

Die Ruiterbosch-dief bly toeslaan en die inwoners begin paniekbevange raak oor wie die skurk is wat hulle links en regs besteel. Daar word boonop vermoed dat dit iemand in hul eie midde is, iemand wat alles van almal sake weet.  

Die kompetisie tussen Rhafiek en Zoë oor JPD raak al hoe feller, en nie een van die twee skroom om vuil te speel nie. Dit lei tot nadelige gevolge vir JPD en Bridgette sien rooi oor die chaotiese uitwerking daarvan.  

Danni en Siya neem ’n besluit oor hul toekoms en wil graag hul familie uitbrei, maar dit is makliker gesê as gedaan.  

Dinge tel spoed op tussen Laylla en Nazeem en dié twee wil graag hul verhouding ’n kans gee. Maar dan begin Laylla by JPD werk.  



Nazeem vra die Samsodiens om sy en Laylla se verhouding stil te hou want Bridgette sal ontplof as sy moet weet haar gehate halfbroer se nuwe liefde is nou ’n JPD-personeellid... 

Maar soos dit in Ruiterbosch gaan, het geheime ’n manier om uit te kom. Intussen besluit Nazeem dat dit wel tyd is om nuwe wraakplanne teen Bridgette van stapel te stuur, maar gaan hy dié keer te ver? 

Diepe Waters

’n Nuwe jaar beteken tyd vir nuwe dinge - maar party mense kan maar net nie hul kronkelende paadjies verander nie. Zelda is gereed om Gys behoorlik te laat boet vir sy menigte sondes - maar wat het Sandra daarmee te doen. Intussen is Gys se lewe weer vol drama - vir al na wat by die klub gebeur het. Iemand het wel 'n vendetta teen hom. Gepraat van vendettas: Valencia is nie die enigste besige bytjie by Skinvestment nie - sy het kompetisie! Valencia is ongelukkig nie die tipe vrou wat die onderspit maklik delg nie. Rossouw en Anja gaan deur 'n baie rowwe tyd, maar nie so rof soos Sanet wat besef dat sy weer ou emosies ervaar nie. Dit is darem nie net alles verspreide donderbuie nie, want die JoyBoys sorg vir heelwat vermaak. Nina is nie gelukkig met Gys nie, maar dalk moet Gys eerder oplet na waarmee Henno besig is... 

Skakel weeksaande in vir Diepe watersSuidoosterBinnelanders en Arendsvlei. Gesels ook saam op FacebookX en Instagram deur die volgende hutsmerke te gebruik: #DiepeWaters, #Suidooster, #Arendsvlei en #Binnelanders.