Logo

Stem vir jou gunsteling kykNET-man op WeChat

Nuus
03 Desember 2015
kykNET spog met van die slimste en sexyste manne op Suid-Afrikaanse TV.
Andre Lotter

kykNET spog met van die slimste en sexyste manne op Suid-Afrikaanse TV. Jy kan vir jóú gunsteling kykNET-man stem op WeChat.

Op die lys is onder andere Villa Rosa se André Lotter, Edik van Nantes se Nataniël, Insig se Waldimar Pelser en Bloedbroers se Neels van Jaarsveld.

Hoe werk dit?

Laai die kitsboodskapdiens WeChat (dit is gratis in Android of Apple se aanlyn winkels beskikbaar) af en gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg. Gaan na die “Manne”-kategorie op kykNET se WeChat-blad en stem! Jy kan ook elke week sien wie loop voor.

Só het kykers tot dusver op WeChat vir hul gunsteling kykNET-manne gestem:



1. André Lotter
2. Emo Adams
3. Stefan Ludik
4. Hannes van Wyk
5. Altus Theart

Kykers se gunsteling kykNET-man sal op 18 Desember bekend gemaak word.