Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

kykNET-kanale sluit die jaar behoorlik af met vele eksklusiewe vermaak!

Nuus
27 November 2020
Desember het uiteindelik aangebreek! Wat ’n jaar!
VanBroadwayTotBirdstraat Nanette 1 2

Soos oudergewoonte het kykNET steeds deur als ’n verskeindenheid van bobaas vermaak en eksklusiewe programme en rolprente wat in die volgende maand op die skerms sal wys. Die televisie films, Posbus 1 en Somerkersfees, sal die eerste twee Sondae in Desember wys met rolverdelings wat van die beste plaaslike akteurs bevat soos Milan Murray, Carel Trichardt, Edwin van der Walt, Cindy Swanepoel en soveel meer.

A Boere-Krismis beloof om kykers te laat skater en die gewilde Groen:Natuur dokumentêre reeks is weer terug met nuwe episodes. Frank Opperman is weer terug as ds. Tienie Benade in die kortfilm, Die openbaringe van ds. Tienie Benade.

Op kykNET&kie wag almal in spanning vir Kersfees en Koortjies met Jonathan Rubain wat in Desember elke Sondag sal speel. Andre Schwartz speel klavier en sing vanuit die Groote Kerk op kykNET NOU! in Songs of Hope: Acoustic from Groote Kerk en op kykNET Lekker is Jou Show met Emo Adams vol snaakse gaste en heerlike gesprekke.

Die bekroonde rolprent, Die Swerfjare van Poppie Nongena, sal ook in Desember vir die eerste keer op fliekNET wys! Asook Liewe Kersfeesvader en Vir Altyd. Voorwaar ’n verskeidenheid wat skrik vir niks!

Posbus 1
Saterdag 5 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Ben en sy vrou kry vir 30 jaar briewe van kinders van regoor die land omdat hulle dink dit is Kersvader se adres. Hulle maak dit nooit oop nie omdat hulle glo wanneer jy een oopmaak, moet jy almal oopmaak. Wanneer Ben se vrou sterf, besluit hy tog om net een brief oop te maak.

Die skrywer en regisseur van Posbus 1 is Nico Scheepers en die rolverdeling bestaan uit Carel Trichardt, Cindy Swanepoel, Petru Wessels, Danielle Bornman, Roxanne Bornman, XJ Poto, Charlie Bouguenon, Vicky Kente, Je-ani Swiegelaar en Elzabé Zietsman.

Somerkersfees
Saterdag 12 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

’n Wanfunksionele gesin word tydens hulle seevakansie gedwing om hulle foute en verskille en hulle haat en liefde vir mekaar te aanvaar.

Die draaiboekskrywer is Tertius Kapp en die regisseur is Jaco Bouwer. Milan Murray, Edwin van der Walt, Marguerite van Eeden, Neels Coetzee, Lionel Newton, Len-Barry Simons, Marvin-Lee Beukes en Joanie Combrink is in die rolverdeling

A Boere-Krismis
Saterdag 19 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Claire Watson is 27-jaar oud en haar loopbaan as komediant-aktrise-regisseur-draaiboekskrywer-vervaardiger wil maar net nie op dreef kom nie. Claire se verloofde, Thinus, is ’n sout-van-die-aarde ou en in ’n poging om haar loopbaan as filmmaker te loods, gebruik sy sy familie as onderwerp vir haar studentefilm. Lara Toselli is te sien as Claire en Johann Vermaak is Thinus. Ook in die rolverdeling is Albert Maritz, Ira Blanckenberg, Lida Botha, Gideon Lombard, Cintaine Schutte, Carel Nel en Peter Butler.

Die Openbaringe van ds. Tienie Benade 
Saterdag 5 Desember om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Hierdie kortfilm is spesiaal in die grendeltyd verfilm en volg op Die klaagliedere van ds. Tienie Benade – die gewilde eenmanstuk wat Dana Snyman vir Frank Opperman geskryf het. Ds. Tienie is onder druk.

Dis grendeltyd, Covid-19 het sy eerste gemeentelid geëis, die nagmaalwyn het verdwyn en die kerkklok word aanhoudend gelui. Dit is toe dat hy besluit om aanlyn te preek. Gerrit Schoonhoven het die regie hanteer en Frank Opperman is te sien as ds. Tienie.

Groen: Natuur
Begin Maandag 14 Desember om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Die Two Oceans-akwarium in Kaapstad word gesien as een van die beste ter wêreld. In die drie episodes van Groen: Natuur wat in Desember uitgesaai word, word daar na dié merkwaardige akwarium gekyk. In die eerste episode op 14 Desember kyk ons na wat dit verg om die merkwaardige uitstallings in stand te hou. In die tweede episode sien ons hoe die diere gesond gehou word en ook hoe ’n kosbare besending spinnekopkrappe uit Japan hulle by die akwarium aansluit. In episode drie kuier ons saam met Vince en kyk hoe hy die robbe in die hawe veilig hou. Krish vertel ons meer oor die vreemde wêreld van jellievisse, en Michelle en Maryke leer kykers oor seeperdjies.

Van Broadway tot Birdstraat
Sondag 27 Desember om 10:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Hierdie produksie, wat in samewerking met Curro Create en Wordsmith’s Theatre Factory by die 2020 Toyota US Woordfees opgeneem is, is ’n fees vir die oog en die oor.

Met 28 talentvolle kunstenaars, wat bekendes soos Corlea Botha, Germandt Geldenhuys en Lynelle Kenned asook leerlinge van verskeie Curro-skole landwyd insluit, 265 kostuums en die musiek uit 27 musiekblyspele, was hierdie ’n produksie wat keer op keer vol sale by die Toyota US Woordfees getrek het.

Van Cabaret na Les Misérables, van Anything Goes na Hamilton, Hairspray en Little Shop of Horrors, met ’n innoverende stel, indrukwekkende oudiovisuele elemente, briljante beligting en klank, sal dit voel op jy op Broadway in ’n teater sit.

Droogte
Dinsdag 15 Desember om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). 
’n Dokumentêr oor die hartverskeurende verhaal van Suid-Afrika se ergste droogte in die geskiedenis van die land. Dit wys die lyding en ellende van die boere en hulle diere. Die film wys hoe humanitêre bronne en mense gebruik word om ’n verskil te maak. Daar word ook gekyk na wat die probleme veroorsaak het en na die vernietigende gevolge van aardverwarming.

Kans
Dinsdag 22 Desember om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Kans, ’n dokumentêre program deur vervaardiger en regisseur Dorette Potgieter, gee ’n blik op die lewe van gewoontemisdadigers in en uit die tronk en hulle soeke na ’n beter lewe. Dit wys hoe dwelms en bende-aktiwiteite dikwels op ontstellende maniere tweede kanse ondermyn. Die program is in Afrikaans met Engelse onderskrifte. Dit doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by rehabilitasieprogramme om misdaad te help bekamp.

Kersfees Koortjies
Begin Sondag 6 Desember om 18:00

Jonathan Rubain en sy Koortjies-band is terug op kykNET&kie!

Die feestyd kom al hoe nader en ons het net die regte medisyne vir die einde van die jaar. Jonathan Rubain het op Facebook Live die nuus gedeel dat kykNET&kie se Koortjies met Jonathan Rubain in Desember terug op die kassie is vir ’n spesiale Kersfees-aflewering. Ons bederf kykers egter nie net met een episode nie, maar sommer vier – een vir elke Sondag in Desember.

kykNET Storiefilms
Opwindende nuwe storiefilms van elk 50-minute sal vanaf Desember 2020 op kykNET begin uitsaai. Hierdie televisie films is almal plaaslik vervaardig en bring weer ongelooflike rolverdelings na die kykNET-skerms.

Fladder
Televisie film
Dinsdag 22 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Met Franci Swanepoel, Kate Roothman en Andre Stolz.

’n Jong, onbelese meisie moet na ’n afgetrede bibliotekaresse omsien.

Mornique (Kate Roothman) se ouers het vir haar ‘n tydelike werk gereël om na ’n afgetrede bibliotekaresse om te sien. Wanneer sy die eerste keer aan Truida (Franci Swanepoel) se deur klop, besef sy egter dit gaan glad nie so maklik wees nie. Vele boeke se blaaie word tydens die drie jaar verorber en vele klippe gekou. Na aan haar einde besluit Truida sy wil spook. In ’n biblioteek.

Die skrywer van die film is Kaz McFadden en André Velts is die regisseur

Kuberliefde
Televisie film
Dinsdag 29 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Met Dorette Nel, Lara Lourens, Elma Potgieter, Kaz McFadden, Natania van Heerden, Hanli Rolfes en Pulani Sekepe

Kuberliefde kom teen ’n stewige prys…

Hanneke Human (52) soek na ware liefde in die kuber-ruimte en kry die droomman waarna sy soek. Haar familie en friende dink dat dit te goed is om waar te wees en hulle beplan ’n ingryping om vir Hanneke te vertel sy word ge-scam deur ’n professionele “romance scammer”.Die skrywer van die film is Willie Esterhuizen en regie word ook deur hom behartig.